This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Franschoek Letterkunde Fees

Die Franschoek Letterkunde Fees was geskep deur die inspirerende gedagtes van ‘n talenvolle skrywer, Christopher Hope. Die doel van die fees was om mense te inspireer om die verbeeldingreike wêreld van lees te ondersoek, om dit beskikbaar en opwindend te maak en om die kuns van lees aan te moedig in die plaaslike Suid-Afrikaanse gemeenskappe.

Dit was deur die ontmoeting van Christopher Hope en Jenny Hobbs (een van die hoof organiseerders) dat hierdie idilliese drome die pad na realiteit begin loop het, wat vandag sigbaar is.

In voorbereiding vir die Franschoek Letterkunde Fees, was nog ‘n wonderlike inisiatief ingestel – ‘n digkuns kompetisie. Individue word aangemoedig om gedigte in te stuur wat geskryf is in Engels, isiXhosa en Afrikaans. Die wenners van hierdie kompetisie kan uitsien na onsaglike blootstelling, met hul gedigte wat op plakkate uitgestal word in die hoof straat en kopieë wat aan kliente in verskeie restaurante uitgegee word. ‘n Nuwe wêreld word oopgemaak met die afskop van die Letterkunde Fees in Franschoek, wat die gedagtes van jonk en oud, nuweling en gesoute skrywers vermaak. Almal wat die fees bywoon sal vasgevang word in die verskeie aspekte en kenmerke wat ontdek word gedurende die asemrowende fees program.

Besoekers kan ook gerus voorbereid wees om plaaslike en internasionale skrywers te ontmoet, wat herken is vir hulle ongelooflike talent en hul passie om lees aan te moedig onder diegene wat gewillig is om die wêreld van boeke en digkuns aan te pak. Maar die belangrikste aspek van die fees, is dat besoekende skrywers die geleentheid het om die gedagtes vas te gryp van die jong skoliere, waarvan meeste uit onderbevoorregte gemeenskappe afkomstig is, en hulle aan te moedig en te inspireer in die kuns van lees en kreatiewe skryfkuns – iets wat ons elkeen na moet strewe.

Die idee om hierdie wonderlike fees in die asemrowende dorpie van Franschoek aan te bied, met sy pragtige uitsigte, majestueuse berge en aaneenlopende wingerde, was die perfekte keuse. Die Franschoek Letterkunde Fees word gewoonlik aangebied, die naweek van die 11de Mei en sluit die Sondag, ongeveer 1 uur na middag. Dit is hier waar ‘n wye verskeidenheid vertonings voor skares gehou word, met lesings, praatjies en debatte, ‘n merkwaardige ondervinding. Maar dit is nie al nie, daar is boeke ooral, van die sypadtjie bookwinkels tot die geleentheid om van die skrywers te hoor praat oor hulle persoonlike boeke, met ‘n gehoor wat nie skaam is om vrae te vra nie. Dit was nog altyd die droom van die plaaslike Franschoek gemeenskap, om die biblioteek op te gradeer en veranderings te maak. Met die ondersteuning van die plaaslike en internasionale besoekers, by die fees, staan hierdie droom ‘n groot kans om waar te word.

Die fantastiese fees prys, wat ‘n Franschoek Letterkunde Fees studiebeurs is, is ook geskep. Hierdie prys sal oorhanding word aan die mees merkwaardige young skrywer van die toekoms. Tyd sal afgestaan word aan die suksesvolle kandidaat, om hul manuskrip klaar te maak. Hier is net ‘n paar van die name wat jy beslis by die Franschoek Letterkundige Fees sal sien: Christopher Hope, Nick Norman, Jenny Hobb, Ivan Vladislavic en Mary Watson.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.