This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Genotvolle vakansie by Spier Landgoed

Geleë in die hart van die Kaapse wynlande is die skilderagtige bestemming, die Spier Landgoed. In die distrik van Stellenbosch is die landgoed omring met asemrowende natuurskoon en beskik dit oor ‘n verskeidenheid avontuurlike ekskursies en aantreklike ontspanningsgeleenthede. Die interessante verhaal van die Spier Landgoed in Stellenbosch begin in die jaar 1692. Die geboue op die landgoed sluit in ‘n slaweklok en ‘n herehuis wat gerestoureer is tot hul oorspronklike glorie vir besoekers. Die wynkelder op die landgoed is die oudste in Suid-Afrika.

Suid-Afrika is ‘n land wat deurdrenk is van kultuur, kuns, natuurbewaring en tradisies en dit word by die Spier Landgoed verryk met kwaliteite soos luuksheid en ontspanning. Orals op die landgoed sal besoekers pragtige kunsuitstallings teëkom wat deel is van die Spier Kuns Somerseisoen. Soos verwag kan word van sy ligging in die wynlande van die Kaap is daar ook ‘n entoesiastiese wynmaker. Gaste word aangemoedig om hul ontdekkingstog te begin deur die proses van wynmaak in die Wyn Verwelkomingsentrum waar te neem. Besoekers kan hier wyne proe wat talle toekennings ontvang het en kan ook ‘n paar bottels koop om huis toe te neem. Hierdie sentrum is in ‘n gebou met ‘n ryke geskiedenis. Die gebou is in 1750 as ‘n skuur opgerig en is nou die tuiste van meer as een honderd vyf en sewentig verskillende wynsoorte. Wynproe by Spier is ‘n onvergeetlike ervaring wat beide opvoedkundig en aangenaam is. Besoekers word gelei in die proses van die waardering van wyn asook in die tegniek van wynproe.

‘n Besonder aangename aantrekkingskrag van die Spier Landgoed is die De Zalze gholfbaan, wat deur die bekende Peter Matkovich ontwerp is en as die derde beste baan in die Wes-Kaap deur die Golf Digest beskou word. Die Cheetah Uitreikprogram bied ‘n aangename gesinsuitstappie. Die program is in 1997 deur Annie Beckhelling begin op ‘n stuk grond wat deur die Spier Landgoed vir bewaringsdoeleindes beskikbaar gestel is. Die program fokus op die bewusmaking van die lot van die Cheetah en bevorder die bewaring van hierdie diersoort. Besoekers kom in noue aanraking met een van Afrika se mees eksklusiewe katsoorte. Daar is ook die arend en ander roofvoël rehabilitasie sentrum op die landgoed. Dit is ‘n niewinsgewende organisasie wat met roofvoëls werk; hulle in die natuur rehabiliteer; en hul bewaring bevorder.

Spier het ook staproetes en roetes vir perderitte dwarsoor die landgoed. Besoekers het ook die geleentheid om ‘n handewerk mark te besoek asook die Spier-winkel en die herehuis waar wonderlike kunswerke en historiese objekte besigtig kan word. Die besoekers kan in die luukse Spier Hotel ontspan met sy spa behandelings of in die rustige omgewing van die swembad. Toegang tot die Internet is beskikbaar en baba-opassers dra by tot die gerief van die besoekers en ‘n rustige kroeg is daar vir verdere ontspanning. Spier is ‘n uitmuntende bestemming wat avontuur, ontspanning en rustigheid aan elke lid van die gesin sal bied.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.