This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Glendower Voël- en Bosfees

Die beboste dele van Magoebaskloof is bekend daarvoor dat daar van die mees skouspelagtige voëlspesies in Suid-Afrika voorkom. Honderde voëlkykers trek jaarliks hier saam om die wonder van die ongerepte woude te ervaar en geduldig te wag om die ontwykende voëls in hierdie ongeskonde natuur te kan sien. Ten einde die publiek nog meer bewus te maak van die verstommende verskeidenheid voëllewe in die Limpopo area, tree die Letaba Route and Glendower op as gashere vir die jaarlikse Glendower Voël- en Bosfees.

Vanjaar vind hierdie gewilde gebeurtenis van 16 tot 18 November plaas. Voëlkykers en nuuskieriges word genooi om aan te sluit by die gereëlde deelnemers vir ‘n naweek van natuurlike skouspel en avonture wat wag om ontdek te word. Gidse word beskikbaar gestel om besoekers diep in die woude te neem waar rare en asemrowende voëlspesies gesien kan word eie aan Suid-Afrika en die Limpopo provinsie. Tydens sulke toere sal deelnemers ingelig word oor interessante feite rakende die voëls en hul woud-habitat terwyl gidse ook hul kennis sal inspan om deelnemers so ‘n wye verskeidenheid voëlsoorte as moontlik te laat sien. Besoekers sal die Kaapse Papegaai en die vlêrmuisvalk te sien kry en sal ook na nabygeleë woude en plekke soos die Debengeni waterval, Rooikoppies en ook die Lesodi-woud en die Swartwoud geneem word.

Benewens die groot verskeidenheid voëlsoorte in die woude is daar ook op die grond ‘n verskeidenheid soogdiere, paddas, reptiele en insekte. Verskeie spesialiste woon die fees by en lewer lesings oor alle soorte voëls, diere en insekte wat die woude bewoon. Onder die spesialiste sal daar persone wees soos Sonnette Krynauw, Les Minter, Cathy Dzerefos, Vincent Egan, Ben de Boer en Joe Grosel wat in die voëls van Magoebaskloof spesialiseer.

Glendower Voël- en Bosfees is ‘n verheerliking van die ryke verskeidenheid wildlewe in Suid-Afrika. Selfs al is die fokus op voëls en die ekologie van die woude bring dit ook die belang van die balans binne die ekosisteme na vore en die funksie van elke voël, soogdier en insek daarin vervul. Dit bied ook die geleentheid om die skoonheid en grootsheid van die Limpopo-landskap te ervaar.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.