This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Hoekom in Suid-Afrika bele

Suid-Afrika is ‘n land gevul met verskeidenheid en geleenthede. Meer en meer mense begin agterkom dat hierdie land, wat op die suidelikste punt van Afrika geleë is, ‘n wonderlike plek is om hulle geld te belê. Hoekom? Met tyd het Suid-Afrika bewys dat die land ‘n dinamiese mark ekonomie ontwikkel het. Daar is ook verskeie geleenthede in verskillende sektore vir diegene wat belangstel om hul geld in Suid-Afrika te belê. Kom ons kyk bietjie verder na wat Suid-Afrika aan buitelandse besighede kan aanbied.

Suid-Afrika se ekonomie bied beleggers van oorsee ‘n reuse verskeidenheid geleenthede in al die sektore van die land aan, alhoewel sekere van die sektore die leierskap wys in groei potensiaal. Hierdie sluit in agfri-verwerking, outomasie, visserye, bankwese en finansiële dienste, myn en minerale, chemikalieë, eiendom, tekstiel bedryf, toerisme en telekommunikasie. Suid-Afrika se mark is ryp vir beleggings en die regering hat al baie gedoen om beleggings van ander lande te bevorder.

Een rede is die gesonde besigheid- en regs-omstandighede. Suid-Afrika net ‘n goed ontwikkelde regs-raamwerk in verband met arbeid en handel. Hulle het die internationale standaarde aangeneem wat direkte invloed het op patente, handelsmerke, kompetisie, kopiereg en geskille. Bankwese se regulasies is van die beste in die wêreld en bank-fasiliteite is van die hoogste standaard. Nog ‘n punt om in ag te neem, is Suid-Afrika se ekonomiese polisse. Verkeie nuwe polisse is in plek gesit om die produksie van ‘n makro-ekonomie wat stabiel is, te verseker. Die SA Reserwe Bank is heeltemal onafhanklik van die land se regering en het programme geimplementeer om inflasie te stabiliseer. Suid-Afrika het ook ‘n baie goeie infrastruktuur om op trots te wees, met wêreld-klas telekommunikasie en ‘n uitstekende bestuurde vervoerstelsel.

Kom ons oorweeg nog ‘n goeie rede om in Suid-Afrika te belê: Suid-Afrika het in verskeie handels ooreenkomste in getreë en het ‘n inkorting van tariewe ingestel. Hierdie handelsooreenkomstes sluit in die SA-EU Vrye Handels Ooreenkoms en die SADC Vrye Handels Ooreenkoms. Suid-Afrika verskaf ook toegang tot verskeie markte op die see (Die Suid Atlantiese en Indiese Oseaan) en op die land (deur die res van Afrika). Opnames het gewys dat Suid-Afrika een van die goedkoper lande is met uitstekende geriewe in die wêreld om besigheid mee te doen. Sekere berigte het ook uitgelig dat Suid-Afrika een van die gewildste lande is om besigheid met gerief te doen.

Al hierdie informasie gee jou net ‘n klein bietjie insig in die redes hoekom Suid-Afrika so ‘n wonderlike land is om mee besigheid te doen en het jou hopelik uitgelok om meer uit te vind. As jy meer ondersoek in stel in die verskeie besigheidsgeleenthede wat beskikbaar is in hierdie fantasiese land, sal jy definitief beïndruk wees.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.