This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Indrukwekkende idees en skeppings by die Ontwerpindaba

Die eerste Design Indaba is in 2006 gehou. Die ongekende sukses het veroorsaak dat die organiseerders oorval is met inskrywings vir uitstalruimte by die 2008 Design Indaba Expo wanneer die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van 23 tot 26 Februarie 2008 sal oorloop met kleurvolle en innoverende uitstallings wat plaaslike en landswye talent die geleentheid bied om die jongste neigings te toon te stel. Meer as 5 000 winkels sal die besoeker die geleentheid bied om die nuwe en innoverende idees te verken en behoort iets vir elkeen te bied.

Kaapstad is bekend as een van die land se mees modebewuste en ontwerp-bewuste bestemmings en dis dus gepas dat hierdie wêreldklas gebeurtenis daar sal plaasvind. Benewens die asemrowende uitstallings is daar ook ‘n skouspelagtige modeparade wat aan ontwerpers die geleentheid bied om hul skeppings aan die publiek te toon.

Die indaba is egter uniek aangesien dit nie slegs in ‘n enkele sektor van ontwerp fokus nie, maar dat dit vir uiteenlopende nywerhede ‘n toonvenster bied. Grafiese ontwerp, dekor, reklame, uitgewersbedryf, juweliersware, binnenshuise ontwerp, rolprent, handwerk, modes en selfs argitektuur kry ‘n geleentheid om te spog. Dit is ‘n fees van kreatiwiteit sonder enige grense. Suid-Afrikaners se oorspronklike en kreatiewe pogings figureer voor op en ‘n paneel van deskundiges en professionele lui doen keuring om die hoogste standaard van uitstallings te verseker. Die Indaba lok ook talle internasionale kopers wat op soek is na nuwe produkte en geleenthede om nuwe betrekkinge te vestig.

Uitstallers waarna uitgesien kan word is: die Tsai Design Studio, What If The World / Design Studio, Haldane Martin CC, Willowlamp, Halo Design, Cornelius Lemmer, SABS Design Institute, Urban Africa, African Dream Beads, Shoes Of Flavour, Sway Textiles, Carole Nevin Designs, Mantis Prints, Urbanative Jewellery, Tiffany Marx, Studio on Roodebloem, Firepetals & Frieda Luhl, Ornament, David Bolding, Goldsmith, Amanda Marais, The House of Hector, Skermunkil, The Letterpress company, Vespa South, Africa, Meu, The Creative Block, Cape Town Partnership, Ob Art Mosaics, Monkeybiz South Africa, Cape Craft Design Institute, Noko Designs, uSisi Designs, LA Afrika Designs, Flickglass cc, Design Afrika, Light From Africa Foundation, Zenzulu tm, Molten, Michael Haigh Ceramics, Clementina Van Der Walt, Ceramic Studio, Imiso Ceramics, Homebakes, Tania Babb Ceramics, Lorenzo Nassimbeni, Jeanne Wassenaar en Pepper Plum Designs.

Besoekers sal verstom staan ten opsigte van verskeidenheid en kwaliteit van hierdie jaarlikse gebeurtenis. Dit is die plek waar Suid-Afrika se allerbeste ten toon gestel word en toon aan die publiek en die wêreld die hoë gehalte van ontwerp en vervaardiging van plaaslike professionele mense.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.