This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Iron Man Suid-Afrika

Die Spec Savers IRONMAN Drie-kamp het op Sondag 18 Maart 2007, by Hobie Strand in Port Elizabeth, Suid-Afrika plaas gevind. Die afskop tyd vir hierdie jaarlikse byeenkoms was sewe uur in die oggend, met die afsluit tyd om middernag, wat deelnemers sewentien ure gegee het om die wedloop te voltooi.

Die Drie-kamp bestaan uit ‘n swem afdeling van 3,8 kilometer, ‘n vietsry afdeling van 180 kilometer en ‘n 42,2 kilometer hardloop afdeling, wat deur die deelnemers afgelê moet word, voordat hulle die eindpunt haal. Die swem afdeling het in die see plaasgevind, of meer spesifiek in die baai, wat ‘n groot verskil in omstandinghede skep, teenoor die van die oop see. Die swem roete was in die vorm van ‘n driehoek, wat 1,9 kilometer lank was en deelnemers moes die roete twee keer swem voordat hulle kon aanbeweeg na die volgende been van die wedloop. Die afsny tyd vir die swem afdeling was twee ure en twintig minute, wat beteken dat deelnemers hierdie been voor 09:20, op die laatste, moes klaar maak.

Nadat die swemmers hierdie been klaar gemaak het, het hulle na die Shark Rock Pier in Hobie Strand beweeg om oor te skakel na die volgende been. Van hier af spring deelnemers op hulle pad fietse en ry in die rigting van die midde stad, waar hulle by Walmer Boulevard op draai. In die eerste 40 kilometer het die fietsryers redelik baie op en af draandes teëgekom, maar daarna ‘n feitlike reguit pad geniet tot by die volgende oorgangs punt by Hobie Strand. Die deelnemers sal op hierdie stadium, elke 20 kilometer, water punte kry waar hulle, hulle water bottels kan hervul en ‘n paar energie produkte soos piesangs en energie stafies kan eet. Die afsny tyd vir die fietsry afdeling was 17:30 namiddag, ongeveer agt ure en tien minute na die vorige afsny tyd, wat 09:20 was.

Van hier af, het die hardlopers die 42,2 kilometer pad wedloop aanpak, wat eintelik ‘n 14,07 roete is, wat die deelnemers drie keer moes hardloop, voordat hulle heentemal klaar was met die IRONMAN Driekamp. Die roete vir die pad wedloop word langs die strand af gehardloop, in die rigting van die Universiteit wat ‘n plat en vinnige roete is, met water punte elke twee kilometer, en deelnemers kon hier ook ‘n vinnige happie van hulle piesangs, skyfies en energie stafies gryp. Die eindpunt was weereens by Hobie Strand, met die afsny tyd om middernag.

Die wenner van die Spec-Savers IRONMAN 2007 was, vir die tweede keer, die Belg, Gerardus Schellens, wat in ‘n tyd van 8:33:04 klaar gemaak het, met Raynard Tissink, ‘n plaaslike held wat in ‘n tyd van 8:36:06 klaar gemaak het. Die vroue afdeling is deur die Sweed, Natascha Badmann, gewen, wat haar derde oorwinning was by die Port Elizabeth IRONMAN, met ‘n tyd van 9:22:00. Die tweede vrou oor die eindpunt streep was Edith Niederfringer van Italia, met ‘n tyd van 9:47:01.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.