This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Jagersfontein – Die hart van Diamant Mynbou

Jagersfontein is 'n wonderlike toeriste aantreklikheid met ‘n paar asemrowende geskiedkundige besienswaardighede. Die dorpie, Jagersfontein, is in 1871 gestig. Die hoof aantrekking tot hierdie Suid-Afrikaanse dorpie, is die diamant myn, die oudste van sy soort.

Die Jagersfontein diamant myn is die wêreld se grootste vertikale mens gemaakte gat, en was met pikke, grawe en dinamiet geskep. Gedurende die 100 jaar leeftyd van die Jagersfontein myn was daar periodes wat die mynwerk afgeneem het, byvoorbeeld, gedurende die twee Wêreld Oorloë en die Groot Depressie. Al word daar nie meer aktief gemyn in Jagersfontein nie, sal jy nie terleurgesteld wees nie. Hierdie wonderlike klein myn dorpie is ‘n fasineërende en interressante plek om te besoek.

Dit was hier, in die Jagersfontein diamant myn, waar twee van die wêreld se grootste diamante gevind is – die 972 karaat Excelsior diamant en die 637 karaat Reitz diamant (wat later die Jubilee genoem was). Die juweel diamante het bekend geword vir hulle besonderse kwaliteit.

Jagersfontein is ‘n tipiese myn dorpie wat besoekers ‘n opwindende en interesante tyd van ontdekking aan bied. Jy kan gerus die ou mynwese museum besoek, wat die “Jagers Mining Villiage” genoem word. Dit is ongelooflik interesant.

Jagersfontein, soos meeste klein dorpies, het ‘n Mot Museum wat oop is vir besoekers. Hier kan jy geskiedkundige items met historiese waarde besigtig, wat van verskeie oorloë afkomstig is. Dit sluit natuurlik die Anglo-Boere Oorlog, die Namibiese Grens Oorlog, die Eerste Wêreld Oorlog, en die Tweede Wêreld Oorlog in. As jy niks het teen die besoek van begrafplase nie, dan sal jy die Jagersfontein Begrafplaas baie interesant vind, waar menigde oorlogs helde begrawe is. Jy kan ook van die oudste argitektuur in Jagersfontein besoek. Daar is ook verskeie Kerk geboue van verskeie kerkverbande wat tussen die jare 1881 en 1891 opgerig is.

As jy dit geniet om te stap, is daar ‘n 35 kilometer stap roete op die Diggers Groot Gat Stap Toer, wat ongeveer drie dae neem om klaar te maak. Op hierdie roete sal jy fasineërende besienswaardighede teë kom, al om die Jagersfontein dorpie.

Vir interressantheids-halwe, sal baie mense verbaas wees om te weet dat Jagersfontein die eerste dorpie in die Vrystaat Provinsie van Suid-Afrika was om elektrisiteit en water pype te kry. Huisvesting is glad nie ‘n probleem in Jagersfontein nie, om rede hulle vyf groot hotelle in die dorpie het, met die oudste hotel, die Masonic Logde, wat net noord van die Gariep rivier geleë is. Kom kuier gerus vir hierdie fantastiese diamant mynbou dorpie!

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.