This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kaapstad se Homoseksuele Projek se FeesKaapstad se Homoseksuele Projek se Fees

Die eerste fees van die Homoseksuele Vereniging is in Kaapstad in 1994 gehou en het daarvandaan gegroei tot ‘n jaarlikse instelling. Binne die Konstitusie van die RSA word duidelik bepaal dat daar geen diskriminasie op grond van ras, godsdiens of seksuele voorkeure gemaak mag word nie. Aangesien Kaapstad gereken word as die stad met die grootste getal homoseksueles, is die keuse om die fees daar aan te bied voor die hand liggend.

Op 22 Desember 2007 word die fees in die Moederstad aangebied met musiek, danse en gekostumeerde aanbiedings. Veral die bedrywige naglewe van die stad bied vir almal ‘n geleentheid om ‘n bydrae tot die projek te maak. Kleurvolle aantreklikhede wat gaan fokus op kulturele en historiese aspekte asook die natuurlewe en avontuuraktiwiteite word vir die fees beplan.

Vir 2007 is die Ratanga Junction Park as hoofterrein vir die aktiwiteite uitgesonder. Dansareas en verskeie verhoogoptredes sal aangebied word met die hooftema:Die Matriekafskeid ─ dit beoog om herinneringe van die afskeidsparty van deelnemers se matriekjaar weer op te roep.

Deelnemers kan aantrek volgens hul droomafskeidsuitrustings en ook hul ideale maat na die afskeid nooi. Oud-onderwysers, skoolhoofde en sportsterre kan ook uitgebeeld word met enige uitrusting of kostuum wat toegelaat mag word.

Aangesien vorige geleenthede reeds sowat 5 000 deelnemers gelok het, kan 2007 na verwagting die rekord oortref.

Feestelikhede word reeds op 15 Desember begin met die swembad galageleentheid by die Boutique Hotel, gevolg deur ‘n liefdadigheidsaandete op 16 Desember. Die na-partytjie word beplan by die Kaapstad High Pool op 23 Desember. Reëlings vir ‘n Nuwejaarsparty by Groenpunt vorder ook volgens beplanning.

Heteroseksuele belangstellendes word altyd verwelkom by die Mother City Queer Project se feestelikhede aangesien die vermaak gereël word vir mense met enige seksuele voorkeur. Benewens die vermaak bied die fees ook ‘n geleentheid om die skouspelagtige kostuums te besigtig.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator