This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kaapstad se Militêre skouspel (Tattoo)

Gedurende 2003 en 2004 het die Cape Town Military Tattoo twee kleiner weergawes van die militêre skouspel wat tussen 15 en 17 November 2007 by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind het, aangebied. Vir die volgende vier jaar sal ‘n soortgelyke skouspel aangebied word as aanloop tot die 2010 Sokker Wêreldbeker. Hierdie vertonings is eie aan Suid-Afrika aangesien elkeen ‘n geselekteerde nabootsing (re-enactment) van militêre gebeurtenisse in Afrika sal wees, ook betreffende voorkoms en vorm.

Die militêre geskiedenis en gebruike in Suid-Afrika kom voor uit ‘n uiteenlopende agtergrond en die Cape Town Military Tattoo het gepoog om hul program die veelheid te laat weerspieël en tog interessant te hou, bo alles, ook vermaaklik. Die publiek kry die geleentheid om die afvuur van 4 x 25 pdr kanonne te ervaar en terselfdertyd ook perde in formele militêre optredes te sien. Min het nog die artillerie en historiese wapens, soos in vroeë krygsoperasies, in aksie gesien, of selfs die Hoogland Skotte se doedelsakke in krygsverband gehoor.Tussen die vertonings van valskermsoldate, drildemonstrasies en nagebootste gevegte het besoekers ook vermaak kon ervaar om die sombere gesig van oorlog te verlig. Straatmusikante, stamdansers, Ierse danse en kore was deel van die vermaak.

Die1812 Ouverture het die stemming vir ‘n aksiebelaaide nag van opwinding geskep en ook die besoekers herinner aan helde van die verlede soos die Javaanse Artilleriekorps en die Maleier eenheid wat opgetree het in 1806 in die slag van Blaauwberg. Die hele Kaapse gebied het ‘n omvangryke en glorieryke militêre geskiedenis met gedenkwaardige veldslae en legendariese krygers. Talle troepe wat vir Suid-Afrika geveg het, het met die verloop van tyd vergete geraak, maar danksy die Cape Town Military Tattoo is herinnering en eer weer gebring waar dit tuis hoort.

Die gebeurtenis is sorgvuldig beplan en het dus tot die mees skouspelagtige militêre vertoning ooit gelei. Kaapstad is dan ook bevoorreg om die tuiste te wees van ‘n veelheid van militêre organisasies soos militêre kenners, Wêreldoorlog II veterane en so meer. Die veteraan Charles Canning was raadgewend en het reeds in die verlede sodanige vertonings gereël. Hierdie kenners se gekombineerde kennis en ervaring was verantwoordelik vir waarheidsgetroue uitbeeldings wat die toeskouers op hul plekke vasgenael het. Die Cape Town Military Tattoo by die Kasteel is ‘n jaarlikse gebeurtenis wat aan besoekers begrip sal verskaf vir die militêr, maar ook by talle herinneringe sal terugbring van heldemoed, dapperheid en opoffering.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.