This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Kanoevaart deur Suid Afrika

Baie mense kan aan geen beter manier dink, om die Suid Afrikaanse bosveld te ondek nie, as om rustig hulself by 'n rivier af te roei en die diere en voêls wat op die wal is, te sien soos hulle verby dryf nie. Terwyl hierdie opsie vir menigde mense aantreklik klink omdat geen fisiese oefening soos nag marse betrokke is nie, moet die belangstellendes weet dat roei of kanoevaart ook fisies kan wees, veral as die stroom of wind teen jou is. Tog, wanneer jy saam met die stroom beweeg, en daar is nie 'n wind wat waai nie, kan jy gemaklik terug sit, en die wereld geniet soos dit verby jou gaan.

Kanoevaart is besig om al hoe meer aandag te trek, en word 'n populêre manier om die Suid-Afrikaanse wildernis te besigtig. Die roetes wat oor die land beskikbaar is, kan of langs die kus of in die binneland geniet word. Jou tasse en ander bagasie kan vooruit gestuur word na jou verblyf en dit word aangeraai, omrede jou bagasie meer gewig in jou kanoe bylas. Die addisionele gewig kan jou reis vermoeilik asook 'n gevaar stel van omkeer, en dan lê jou bagasie onder in die rivier. Jy wil tog nie die beste dele van jou reis misloop terwyl jy jou bekommer oor jou tasse nie! Reisigers sal baie keer die skree van 'n visarend kan oor, of selfs sien vlieg. 'n Verskeidenheid bokke, aardvarke en ander diere kan gesien word van die rivier, terwyl hulle vir kos soek. Op die rivier banke is daar 'n groot verkeidenheid voêls wat nes maak, rond vlieg of net die lug vul met hulle vrolike liedjies, en voêl geesdriftiges sal nie kan byhou met die verskeidenheid wat gesien kan word nie. Gewoonlik neem die kanoevaart roete 'n dag om te voltooi, maar as jouself vroeg uit die kooi kan sleep, kan jy net na middagete by jou verblyf aankom. Hutte is gewoonlik baie gerieflik en kan akkommodasie vir twaalf mense aanbied, wat braai en toilet geriewe en soms 'n stort insluit. Dit word nie aangeraai om jou tande te slyp vir 'n vars vis oor die kole nie, voordat jy met die plaaslike wildbewaring agente gepraat het nie. Meeste van die roetes is op bewaarde land, en permitte mag dalk nodig wees. Natuurlik is rommelstrooi teen die wet.

As kanoevaart in Suid Afrika vir jou na 'n interressante manier klink om die land te ervaar, is daar n paar gevare waarvan jy moet bewus wees. Eerstens, moet nooit in waters wat krokodille of seekoeie huisves sonder 'n professionele gids aanpak nie. Hulle sal weet hoe om jou veilig deur hierdie gebiede te stuur. Tweedens, maak seker dat jy 'n goeie sonbrand room in pak om sonstraal of seer brand te vermy, en maak seker dat jy elke twee ure weer aan smeer. Dra ten alle tye 'n hoed, sonbrille en 'n baai kostuum, al is dit vir beplande afkoel in die water. Sandale word ook aangeraai, omrede ander skoene nat en swaar sal word. Laastens, as jy nodig het om jou voêl boeke, vêrkykers en kamera saam te neem, is dit beter om seker te maak dat hulle waterbestand is, of ten minste in 'n geseelde houer gedra word. Dit moet dan ook aan jou kanoe vasgemaak word, vir ingeval jou kanoe dalk om keer, dat jy jou besittings kan red.

Kom gerus en ontdek die rivier banke van Suid Afrika, werk op daardie verlangde sonbrand en geniet die stilte en rus wat die natuur jou bied. Dit is in onvergeetlike ondervinding.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.