This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Karkloof Classic Bergfiets-fees

Die Mr Price Karkloof Classic Mountain Bike Festival, geskeduleer vir die periode 9 tot 11 Mei 2008, betree tans sy tweede jaar en het reeds bewys gelewer dat dit een van die uitstaande bergfiets geleenthede in Suid-Afrika is. Dit vind plaas in die pragtige Karkloofvallei buite Howick, KwaZulu-Natal. Die Karkloof Classic Mountain Bike Festival bied drie dae gevul met opwindende ritte op innoverende roetes in ‘n skilderagtige omgewing. Hierby moet ook nog gevoeg word goeie vermaak en geborgde geskenke vir deelnemers, dan word dit ‘n geleentheid wat geen bergfietsentoesias sal wil misloop nie.

Die byeenkoms begin op 9 Mei met ‘n 20km nagresies wat deelnemers op ‘n uitdagende roete deur bosse en oor riviere sal neem. Die Saterdagoggend sal ‘n veldwedren aanbied word wat vaardighede tot die uiterste sal beproef. Onervare ryers word egter ook uitgenooi om aan die resies deel te neem.

Tydens die Saterdagmiddag byeenkoms gaan die aandag gevestig word op snelritte. Deelnemers aan hierdie resies sal plaasvind op die basis van uitskakeling oor ‘n vaste baan met ‘n reeks hindernisse en spronge. Die drie bestes sal pryse ontvang. Die dag word afgesluit met ‘n vermaaklikheidsprogram geborg deur Castle Lite.

Die hoogtepunt van die Karkloof Classic Mountain Bike Festival is die Mr Price Classic Marathon wat op Sondag 11 Mei sal plaasvind. Dit begin om 08:00 en deelnemers gaan oor 75km meeding deur van Suid-Afrika se skouspelagtigste natuurskoon, maar terselfdertyd mees uitdagende bergfietsroetes. Die eerste prys is R10 000 met ook nog ‘n aantal aansporingspryse. Dit word verwag dat die kompetisie besonder straf sal wees.

Die Aquelle 40km halfmaraton bied ‘n minder uitmergelende alternatief. Deelnemers word beperk tot 700 en sal ‘n groepe vertrek om die veld ietwat te versprei. Deelnemers kan ook hier uitsien na ‘n interessante en uitdagende roete.

Op die Sondag word daar ook ‘n 30km veldren aangebied waartydens deelnemers die indrukwekkende natuurskoon van die Karkloofvallei kan waarneem wanneer hulle hul weg vind deur die veld,gruispaaie en 4x4 roetes. Na die vertrek van die maraton-ryers word die res van die gesin genooi om aan ‘n gemaklike 10km pretrit deel te neem.

Dis duidelik dat daar talle redes is vir bergfietsentoesiaste, hul familie en vriende om koers te kry na die Karkloof Classic Mountain Bike Festival in KwaZulu-Natal vir ‘n naweek van Suid-Afrikaanse pret in die son.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.