This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kimberly se Diamant Myne

Diamante was nog altyd 'n skat waarna gesoek word, vir hulle geldelike waarde maar ook vir hulle estetiese waarde. Hierdie pragtige stukke van chrystalien koolstof, het die uiterste teenstrydigheid geword vir elke man, wat hulle die vermoë gee om redelik gemaklike leefstyle prys te gee, vir harde werk, en die moontlikheid op rykdom wat selde gevind word. Suid- Afrika het 'n lang reputasie as die leier in die produksie van twee van die wereld se waardevolste kommoditeite – diamante en goud.

Suid-Afrika se diamant myn legende het in 1866 begin, toe 'n jong man met die naam van Erasmus Jacobs, 'n mooi klip ontdek het terwyl hy op sy pa se plaas gespeel het. Jacobs het die klip huis toe geneem, waar een van hulle bure, Schalk van Niekerk, die klip gewaar het en aangebied het om die klip te koop. Die Jacobs familie het gevoel dat die klip geen waarde gehad het nie, en die klip vir Van Niekerk gegee. Die kind se speelding was eintlik die 21.25 karaat “Eureka” diamant, en dit is hoe die Kimberly diamant stormloop begin het.

By 1871, was verskeie diamante in die area gevind en drie verskillende plekke het oop gemaak vir grawe. Dit was die Colesberg Koppie wat die meeste diamante verskaf het, en dit was nie lank voordat 50 000 mense van oor die wêreld, hierna toe gehardloop het om hulle deel te eis nie. Die dorpie wat langs aan die koppie was, het uit tente en swak geboude hout en yster huisies bestaan en diegene wat daar gebly het, het geen toegang gehad tot dreineering of skoon water nie. Dit was nie lank voor die koppie heeltemal vergaan het nie, en die grawe 'n eislike gat in die grond gelos het. Hierdie gat het net groter en groter geword, tot dit uiteindelik 'n diepte van 18 meter bereik het. Op hierdie punt het die myners begin dink dat die grond uitgeput is van diamante, maar tot hulle blydskap, het hulle 'n harder blou rots ontdek onder die sand en die het selfs meer juwele verskaf as die grond.

By hierdie tyd, het ongeveer 1 600 mense elkeen 'n stukkie land besit in die gat wat ongeveer 10 meter by 10 meter was. Soos hulle aangehou het met grawe, het dit moeiliker geword om die juwele uit te kry, en 'n netwerk van katrolle en tou was oor die gat gespan. Diegene wat goed gedoen het, het kleiner erwe in die gat begin opkoop, tot die meerderheid van die area deur 'n handvol mense besit was. Hierdie mense was Cecil Rhodes, Charles Rudd en Barney Barnato. Tesame het hulle De Beers Gekonsolideerde Myne gestig. De Beers is nogsteeds in beheer van meeste van die wereld sy diamant markte en is 'n welbekende naam in baie plekke in die wereld. Die mees bekendste diamante wat van Kimberly afkomstig is, is die 530.2 karaat “Cullinan” diamant, die 616 karaat “616” diamant en die 83.5 karaat “Ster van Suid- Afrika.”

Die diamant stormloop in Kimberley het sy merk op die aarde se oppervlak gelos, in die vorm van 'n ongelooflike groot gat. Die Groot Gat van Kimberley is die grootste mens gemaakte uitgrawing in die wereld. Dit het 'n omtrek van 1.6 kilometer en 'n 13.38 hektaar oppervlak area. Dit is rofweg 215 meter diep en het tot vandag 14 504 566 karaat verskaf. Vandag is die gat verlate, sonder myn werkers en katrolle, en lê ontbloot aan die elemente. Dit het n populêre toeriste aantrekking geword, en as jy jouself ooit in Kimberley bevind, stel ons voor dat jy 'n besoek aflê aan hierdie fasinerende gat.

 



User Comments & Reviews: 0 Comment(s)





Combine Flights?












Password Reminder

Or sign in using one of the following providers: