This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Klipbank duik in Suid Afrika

Die pragtige Sodwana Baai, in Suid Afrika se Groter St Lucia Natland Park, is wereld bekend vir uitstekende duik geleenthede en die waterskilpaaie wat hier nes maak. Klipbank duik in Sodwana Baai voorsien duikers van oor die wereld met wonderlike geleenthede om die Wereld Erfenis Area se onbeskadigde koraal klipbanke en groot verskeidenheid oseaan lewe te besigtig. Die ondervindings wat jy sal ervaar terwyl jy by Sodwana Baai duik, sal dit vir jou duidelik maark hoekom Sodwana as Suid Afrika se duik paradys beskou word. Tesame met die ongelooflike klipbank duik in die St Lucia Wetland Park, kan besoekers ook die kus woude besoek, voëls kyk en branderplank ry, asook toere neem na die Mabibi en Sibaya dam.

Sodwana Baai is ideaal vir haai en klipbank duik deur die hele jaar. Die beste weers toestande is tussen April en September. Sigbaarheid in die Sodwana waters kan verskil tussen tien en veertig meter, maar is op 'n gemiddelde van so 15 meter. Water temperature is meegaande en wissels tussen 24 en 28 grade, en duikers sal of 3mm of 5mm duikpakke nodig kry. Daar is soveel om te ontdek in Sodwana se klipbanke wat ongeveer 18 meter onder die water is. Meer as 1200 vis spesies word in Sodwana gevind, insluitend haaie, dolfyne en walvisse. Verskillende haaie word ook in Sodwana gevind naamlik die Bull Shark, Copper Shark, Ragged-Tooth Shark, en vele meer. Sodwana se weer is ook perfek vir nag duike om die kleurvolle seelewe te besigtig was in die aande ontwaak.

Daar is n paar populere duik plekke in Sodwana Baai wat elk n unieke duik ondervinding bied.

2 Myl Koraal - Dit is baie gewild en is amper 2 kilometer in lengte en 900 meter in breedte. Die klipbanke het 'n verkeidenheid oseaan lewe wat tropiese visse en baie ander interesante spesies insluit.

5 Myl Koraal - 5 Myl Koraal is 'n dieper klipbank en is aanbeveel vir ervare duikers. Duikers kan hier menigde aspekte van die klipbank ontdek. Party dele is tussen 21 tot 24 meter en “The Pothole” gee duikers die unieke geleentheid om skaars seelewe te sien.

7 Myl Koraal - Hierdie duik plek is ook een van Sodwana Baai se duik plekke wat aanbeveel word vir ervare duikers. Die kam van die klipbank is op 15 meter met n vinnige afdraant na 24 meter. Hierdie gevestigde area is die ideale huis vir n verskeidenheid seelewe. Moet hierdie duik nie misloop nie.

9 Myl Koraal - Dit is die noordelike klipbank van Sodwana Baai en word baie min geduik. Die area is dus onbeskadig en het dieptes van 6 tot 23 meter.

Kwartmyl Koraal - Duikers kom gereeld na hierdie area in die maande van Januarie en Februarie, wanneer ragged-tooth haaie vollop is.

Stringer Reef - Hierdie klipbank is relatief klein, maar is bekend vir sy verskeidenheid seelewe.

Sodwana Baai is omtrent vier ure buite Durban, en dus word daar aangeraai dat akkommodasie in een van die gaste huise gevind word. Dit is beter om in n vier wiel aangedrewe voertuig na Sodwana toe te reis, en meeste gaste huise offer n optel diens. Daar is n vulstasie in die Nasionale Park en n winkel wat n reeks inkopies bied. Baie min kan vergelyk word met die klipbanke van Sodwana Baai, met sy waterskilpaaie en oneindigende seelewe.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.