This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Knyp ‘n tydjie af by Hartebeespoortdam

Ten einde ‘n tydjie te kan wegkom van Johannesburg se gejaagde lewe knyp talle stedelinge ‘n tydjie af om te ontspan in die rustige atmosfeer en die natuurskoon in die omgewing van die Hartebeespoortdam. Selfs buitelandse toeriste in Suid-Afrika word verlei na hierdie wegkruipplekkie, wat, buiten die natuurskoon en stilte, talle aktiwiteite aanbied. Hartebeespoortdam is ‘n juweel slegs 45 minute vanaf beide Johannesburg en Pretoria, maar ver weg van die stadsgewoel.

Omring deur Magaliesberg bergreeks word hierdie 1 620 hektaar groot wateroord taamlik geïsoleer van die nabygeleë stede, wat dus aan stadsbewoners die geleentheid van ‘n toevlugsoord bied waar tydbestuur van weinig belang is. Die voorkoms van ‘n onaangetaste natuur is misleidend want daar is oorgenoeg aktiwiteite wat sal verseker dar selfs die rusteloses nie verveeld sal word nie. Rondom die dam is daar kunsmarkte en stalletjies asook kuriowinkels en kosstalletjies. Daar is ook ‘n verskeidenheid restourante insluitend ‘n waterkant restourant met lewendige musiek.

Hartebeespoortdam word toenemend gewild in die eiendomsmark met magnate wat indrukwekkende vakansiehuise aan die oewers van die dam opgerig het. Watersport en aktiwiteite vir waaghalse wat windski, valskermsweef, en warmlug ballonne insluit is gewild by die dam. Vir diegene wat liefs vermaak op moederaarde verkies, is daar ‘n slangpark, ‘n akwarium en ‘n dieretuin. Voetslaanpaaie in die natuurskoon van die Magaliesberge hou ‘n besondere bekoring in en dan is daar nog die Watersafari wat die dam oorsteek. Die Erfenisroete begin ook by die dam en kronkel deur die skouspelagtige platteland deur die Pilanesberg Nasionale Park tot by die Madikwe Wildreservaat.

In die groter omgewing van die Hartebeespoortdam is daar ook die kaasfabriek, Hans Kretschmer, die Hartebeespoort Kabelspoor, Tant Malie se Winkel en die Magalies Park waar gholf, kanovaart tennis en ander aktiwiteite geniet kan word. Die huis van Gustav Preller is geopen as ‘n nasionale gedenkwaardigheid waar die herinnering aan hierdie buitengewone joernalis, skrywer en historikus lewend gehou word. Die Malakani Voëlpark is interaktiewe inrigting nie alleen ‘n groot verskeidenheid voëlsoorte herberg nie, maar bied ook vertonings aan en het opvoedkundige programme en toere.

Hartebeespoortdam mag naby twee groot stede wees, maar is ‘n bestemming wat nie misgeloop mag word indien die besoeker die natuur van Suid-Afrika wil geniet en ervaar nie. Dit bied ‘n mengsel van kultuur, tradisie, avontuur en geskiedenis tesame met onbeskryflike skoonheid van natuur.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.