This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Krieket Wêreld Beker Koors

Die Krieket Wêreld Beker 2007 is uiteindelik hier en elke Suid-Afrikaner is besig om voor te berei om the Proteas tot by die finale wedstryd te ondersteun. Die gunstelinge om met die trofee weg te loop sluit Australia, New Zealand, Sri Lanka en Suid-Afrika in. Hierdie name wissel gedurig oor die wêreld, egter, en dit is nou in die hande van die krieketspanne, om die toegewyde geesdriftigers verkeerd te bewys. Dit maak egter nie saak watter span jy ondersteun nie, want almal weet dat die wêreld se oë op die Suid-Afrikaanse Krieket Span gaan wees. Tans gekeur as die nommer 1 span in die wêreld, is hulle kanse gunstig om met redelike gemak by die semi-finale wedstryde uit te kom, en sterk mededingers te wees in die finaal.

Die opening van die ICC Krieket Wêreld Beker 2007 sal op 11 Maart 2007 plaasvind, met Suid-Afrika se eerste wedstryd teen Nederland op 16 Maart 2007. Suid-Afrika sal daarna teen Skotland speel op 20 Maart 2007 en teen Australia op 24 Maart 2007. Die Suid-Afrikaanse Krieket span is gekies en die krieketgeesdriftiges maak al maande reg vir die toernooi.

Die Suid-Afrikaanse Krieket span sal deur Graeme Smith gelei word, met Jacques Kallis as die onder-kaptein van die Proteas. Die res van die span bestaan uit of Loots Bosman, Mark Boucher, Ab de Villiers, Herschelle Gibbs, Andrew Hall, Justin Kemp, Charl Langeveldt, Andrè Nel, Makhaya Ntini, Robin Peterson, Shaun Pollock, Ashwell Prince and Roger Telemachus. Die bestuurende span vir die Proteas is Mickey Arthur as afrigter, Goolam Rajah as bestuurder, Vincent Barnes as assistent afrigter, Jonty Rhodes as speelveld afrigter, Shane Jabaar as fisioterapeut, Adrian le Roux as fuksheid afrigter, Riaan Muller as masseur, Gustav Obermeyer as video analiseerder and Gordon Templeton as the mediabeampte.

Die bogenoemde name is die spelers wat Suid-Afrika sal verteenwoordig asook elke persoon wat met trots die Suid-Afrikaanse flag op hulle wange, bors of oor hulle hele lyf dra. Die ondersteuners wat getrou by hul span staan en die entoesiaste wat die Proteas met oneindigende geloof en gees volg. Hoe nader die openings dag van die ICC Krieket Wêreld Beker kom, begin die senuweeagtigheid, opwinding en verwagting opbou en so ook die drome van die Suid-Afrikaanse Krieket Span wat as wenners van die Krieket Wêreld Beker sal weg stap.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.