This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kuns in oorvloed by die Johannesburg Kunsfees

Een van die mees opwindende oomblikke vir Johannesburg en die kunswêreld was toe Eerste Nasionale Bank sy borgskap vir die eerste Afrika-kunsfees aangekondig het wat in Johannesburg deur Artlogic aangebied sal word. Dit sal een van die grootste kunsfeeste wees wat ooit in Suid-Afrika en selfs in die res van Afrika aangebied is. Artlogic het reeds soortgelyke feeste aangebied, maar is trots om deel te hê aan die eerste Johannesburg Kunsfees.

Hierdie toonaangewende geleentheid sal in die Sandton Konferensiesentrum in Johannesburg aangebied word waar die vyfduisend vierkante meter vloeroppervlakte gevul gaan word met Afrika en Suid-Afrikaanse kontemporêre kunswerke. Vanaf 13 tot 16 Maart sal versamelaars, nuwe kopers en galerye die geleentheid kry om asemrowende kunswerke te besigtig totdat hulle die volmaakte kooptransaksie voltrek het.

Internasionale kunsgalerye soos die October Gallery (Londen) en die Jack Shipman Gallery (New York) het reeds hul bywoning bevestig tesame met talle plaaslike kunsgalerye soos die Gallery Momo, Michael Stevenson, Townhouse Gallery, Everard Read Gallery, David Knut, Bell Roberts Contemporary Gallery en Art on Paper.

‘n Uiters spesiale uitstalling by die kunsfees sal ‘n uitstalling wees wat deur Simon Njami saamgestel is. Bekend as die kurator van die beroemde Africa Remix uitstalling, het hy ‘n paar kunstenaars gekies wat nog nie bekendheid verwerf het nie ten einde ook aan hulle ‘n geleentheid te bied om uit te stal en waardeer te word. Van die kunstenaars wat aandag sal trek, is Jellel Gasteli, Mouna Karray, David Damoison, Dominique Zinkpe, Berry Bickle, Thando Mama, Patrice Felix-Tchikaya, Zen Marie, Ingrid Mwangi, Loulou Cherinet en Bill Kouelany.

Alle kontemporêre kunsvorme sal vertoon word en besoekers aan die fees kan uitsien na uitstallings van fotografie, beeldhouwerk, skilderye en video’s. Kunswerke sal te koop aangebied word met pryse wat wissel van bekostigbaar tot eksklusiewe versamelstukke en sal wissel tussen een duisend rand en vyf miljoen rand.

Die Johannesburg kunsfees het in die vooruitsig om die plaaslike publiek en die internasionale gemeenskap bloot te stel aan ‘n visie van Afrika kunstenaars, maar ook om jong kunstenaars van Suid-Afrika te inspireer om hul eie kreatiwiteit en verbeelding te ontwikkel. Praatjies en lesings by die kunsfees sal besoekers sal nuwelinge tot die kunswêreld help asook onderrig in die bedryf en sy eise. Johannesburg sal beslis die sentrum wees van kreatiewe uitbeeldings en kunstige skeppings gedurende Maart en dit is ‘n geleentheid wat nuwe idees sal vorm en besoekers sal lei op ‘n reis van ontdekkings.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.