This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kyk uit vir die Afrika Ysterperd Rodeo

Die Afrika Ysterperd Rodeo word by die Pretoria Skougronde van 12 tot 14 Oktober 2007 gehou en beloof om ‘n geleentheid te wees wat lank onthou gaan word met ‘n program wat motorfietsryers gaan teiken met items en uitstallings wat iets vir elke lid van die gesin bied. ‘n Groot deel van die wins gaan aan liefdadigheid wat reeds baat vind by die Africa Iron Horse Rodeo deur Steelwings.

Die hekke open op Vrydag 12 Oktober om 08:00 en vanaf 09:00 kan motorfietsryers hul ysterperde laat was by “Maverick’s Bikini Bike Wash”. Suid-Afrikaanse musiekkunstenaars en orkeste sal die besoekers dwarsdeur die dag vermaak en name soos Brian Finch Band, Wonderboom en Blood Money tree op.

Saterdag begin ook met ‘n “Bikini Bike Wash” en daarna kan besoekers begin stem vir die wenner van “African Bike Built Off”. Vermaak word onder andere verskaf deur Henk de Kat en die bekende komediant Barry “The Cousin” Hilton. Om 13:00 kan die besoekers die Teufuls van die VSA ontmoet. Paul John Teuful snr is die stigter van die “Orange County Choppers”. Paul John Teuful tesame met sy seuns Paul jnr, en Michael het beroemd geword as die onderwerp van die TV realiteitserie “American Chopper”. Vier omboude (“custom built”) motorfietse sal opgeveil word om 18:30 en die dag word afgesluit deur die orkes Prime Circle.

Die Sondag se program sluit onder andere vermaak in deur Eddie Ekskteen & The Bats, The Kalahari Orkes, DJ James en nog meer.

Dwarsdeur die naweek sal daar vertonings en toertjies deur bekende waaghalse wees en talle kompetisies met uitstekende pryse word deurlopend aangebied. Bybehore vir die motorfietsryer word te koop aangebied teen afslagpryse asook “Toys for boys” en “Goodies for girls”.

Dus, of jy ‘n motorfietsryer is of iemand ken wat een is of dit oorweeg om een te word, kry koers na die Africa Iron Horse Rodeo en deel in die plesier.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator