This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren

Leopard’s Leap Wynmakery is nie slegs bekend vir hul uitstekende wyne nie soos hul Chenin Blank (wat vermeld is in die New York Times) maar ook vir hul groothartigheid. Die wynlandgoed is betrokke by liefdadigheidsgebeure, boekklubs, bewaringspogings en ook vir die hou van gholftoernooie. In samewerking met die Chandelier Wildherberg en Volstruisplaas, Ton’s Sport and Cycle, Beveras en Dryland, bied hulle die Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren in Oudtshoorn aan.

Hierdie opwindende Suid-Afrikaanse gebeurtenis sal plaasvind op Saterdag 6 Oktober 2007 en deelnemers van oor die hele land sal na hierdie dorp in die Oos-Kaap saamtrek. Die koördineerders het verseker dat die hele familie aan hierdie avontuurlike bergfietswedren kan deelneem deur vier verskillende wedrenne aan te bied, elk met sy eie moeilikheidsgraad. Die wedrenne begin vroeg, dus word deelnemers aangeraai om hul inskrywingsvorm vooraf te voltooi of so nie tussen 06:00 en 07:45 op die dag van die resies. Ten einde vroeë inskrywings aan te moedig sal ‘n honderd T-hemde vir die eerste 100 inskrywings beskikbaar wees as ‘n geskenk vir die 41 kilometer en 81 kilometer resies. Deelnemers wat vroeg ingeskryf het, kan hul nommers en registrasievorms afhaal by Ton’s Sport and Cycle in Oudtshoorn.

Sonder twyfel trek die natuurskoon van die roete deelnemers na die Leopard’s Leap Chandelier Uitdaagwedren en hierdie skouspelagtige Oudtshoorn-bergfietswedren word toenemend gewild en deelnemers kom van ver hiervoor. Fietsryers wat redelik fiks is en vir vier uur in die saal kan bly, sal gemaklik aan die 81 kilometer lange wedren kan deelneem. Dit sluit ‘n asemrowende viertrek-roete in met skouspelagtige natuurskoon, terwyl van die steiltes en afdraandes soms tegniese vaardighede mag verg. Die 41 kilometer wedren akkommodeer alle deelnemers en duur ongeveer twee uur en is eweneens in ‘n pragtige omgewing. Dan is daar ook nog die 21 kilometer wedren van ongeveer een uur, terwyl daar ook ‘n tien kilometer wedren is vir kinders en diegene wie se bergfietse hoofsaaklik gebêre word. Dit het ‘n gelyk roete en het ten doel om deelnemers in die natuur te kry en hulself te geniet. Daar is prysgeld verbonde aan die eersgenoemde drie wedrenne.

Oudtshoorn bied gerieflike en ook luukse akkommodasie vir deelnemers aan die Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren by die Chandelier Game Lodge en Volstruisplaas en ook op die nabygeleë Grootdoorn Rivierplaas. Hierdie wedren is bedoel as ‘n gesinsgebeurtenis, dus bring die bergfietse en onthou die valhelms ─ veiligheid kom altyd eerste.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.