This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Luukse verblyf by die Londolozi Privaat Wildreservaat

Geleë op die oewer van die Sandrivier midde in die Sabi Sands Wildreservaat, bied Londolozi Wildreservaat besoeker ‘n egte Afrika-wildernis ervaring sonder gelyke. Londolozi word is steeds ‘n familiesaak wat reeds vir tagtig jaar in bedryf is en is een van die baanbrekers van die Suid-Afrikaanse eko-toerisme bedrywe. Ter erkenning van sy verbintenis tot uitsonderlike diens, luukse akkommodasie en keurige kookkuns is Londolozi bekroon met die Relais et Chateaux Status ─ die eerste wildreservaat ter wêreld met hierdie gesogte internasionale gradering.

Londolozi bied akkommodasie in vier kampe en ‘n aantal luukse kamerstelle ─ Tree Camp, Pioneer Camp, Varty Camp, Founders Camp en Granite Prvate Suites ─ elkeen is keurig uitgerus en privaat en elkeen het ‘n verstommende uitsig op die natuur in sy omgewing. Die fiksheidsentrum, Londolozi Life, bied ‘n verskeidenheid persoonlike dienste wat insluit joga ─ binne en buitenshuis vir beginners en meer gevorderdes ─ daar is ook Sweedse masseer, aromaterapie en reiki genesing. Die fiksheidsspesialis by Londolozi Life stel besoekers bekend aan sy eie unieke fiksheidsroetines wat geïnspireer word deur die ratsheid van diere.

Tydens spesialis-geleide wildtoere kan besoekers groot troppe olifante verwag asook buffels wat vry voorkom orals in die reservaat. Die getalle leeus en wit renosters is van die hoogste aangeteknen in Afrika. Hoe indrukwekkend die wildbesigtigingsgeleenthede ook mag wees, is Londolozi waarskynlik die beste bekend vir die besondere band wat ontwikkel het tussen spoorsnyers en die loslopende luiperds. Hierdie bondgenootskap veroorsaak dat spoorsnyers uitlok in ooptes en dus kan besoekers hierdie skugter diere duidelik waarneem in hul natuurlike habitat. Besoekers aan hierdie goed-bestuurde reservaat is dit eens dat luiperd-besigtiging te Londolozi ‘n onvergeetlike ervaring is.

Ander aktiwiteite by Londolozi sluit in wandelinge met gidse wat die besoeker toelig. Daar is Londolozi Klubs vir kinders en ‘n goed-toegeruste biblioteek; die John Vart-kinematografie sentrum, swenbaddens by elke kamp en ‘n besoek word afgelê by die Shangaan Kultuurstat wat insluit ‘n kleutersorgsentrum, ‘n kliniek, ‘n volwasse onderwyssentrum en ‘n kunsvlyt en -ontwerpsentrum.

Die naam Londolozi kom van die Zoeloe-woord wat “beskerm” beteken en beteken”beskermer van alle lewende dinge”. In ooreenstemming met sy naam word Londolozi internasionaal erken vir sy progessiewe beleid ten opsigte hervestiging van wild en grondbestuur asook sy betrokkenheid by plaaslike gemeenskappe. Die spesialis-opgeleide personeel by Londolozi beskou die reservaat as hul tuiste en verwelkom gaste met hartlike gasvryheid.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.