This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Betowerende Meerkat-ervaring

Meerkatte is fassinerende klein diertjies wat baie vermaak verskaf as hulle dopgehou word. Mense sien hulle gewoonlik net in ‘n dieretuin waar hul gedrag ingeperk word deur hul gevange toestand. TV dokumentêre programme oor meerkatte in hul natuurlike omgewing is natuurlik ook ‘n wyse om hul manewales dop te hou. Die ideale wyse om insig in hul leefwyse te verkry is om hul ongemerk in hul natuurlike staat in die veld dop te hou en dis presies wat gebeur met die sogenaamde Meerkat Magic te Oudtshoorn in die Klein Karoo.

Grant McIlrath, ook bekend as die Meerkatman, het duisende ure bestee om die vertroue van ‘n groep meerkatte in hul natuurlike habitat te wen. ‘n Groep meerkatte word dikwels ‘n trop of ‘n bende (gang) genoem, maar na noukeurge waarneming van die interaksie tussen individuele meerkatte is dit waarskynlik dat ‘n familiegroep (clan) ‘n juister benaming is. So ‘n familiegroep is gewoonlik in die orde van 20 meerkatte, maar soms tot soveel as 50 of meer.

As deel van sy beleid van bewaring deur opvoeding neem Grant groepe toeriste na die familiegroep in Meerkatvallei. Die presiese ligging van die tuiste word geheim gehou ten einde te verseker dat hulle ongesteurd hul gang kan gaan. Besoekers word in ‘n BMW wat bekend is as die “Meerkatmobiel” vervoer en is die enigste voertuig wat die meerkatte nie verskrik nie. Die laaste ongeveer 100 meter word te voet afgelê en besoekers neem hul plekke in en wag vir die son om op te kom.

Soos die sonstrale algaande die familigroep se tuiste binnedring word die wollerige gesig van Rafiki, die dominante manlike meerkat van die sogenaamde Ungulungu-familiegroep, sigbaar waar hy by die tonnel uitloer. Nadat Grant hom gerusgestel met ‘n reeks geluide, staan hy op sy agterpote met sy stert en voorpote oor sy pens in ‘n tipiese meerkathouding. Spoedig begin die res van die groep ook uit die tonnel kruip en begin bak in die sonnetjie en slaan die besoekers gade met net soveel belangstelling as waarmee die besoekers hulle dophou.

Na hulle genoeg in die son gebak het, sit hulle af op soek na sappige insekte vir ontbyt terwyl hulle gedurig met mekaar kommunikeer en laat ook die groep besoekers toe om hulle te volg. Te alle tye het die groep wagte wat uitkyk vir ‘n moontlike bedreiging sodat defensiewe optrede uitgevoer kan word. Meerkatte is baie gelukkig in hul familiegroep en daarom is dit wreed (en onwettig) om hullle as troeteldiere aan te hou.

Hoewel die meerkatte in Meerkatvallei op hul gemak is ten spyte van mense wat hulle aangaap, is hulle op geen wyse makgemaak nie. Die enigste rede waarom hulle mense in hul persoonlike spasie toelaat is omdat die Meerkatman hulle vertroue gewen het en die feit dat hy hierdie vertroue koester.

Besoekers aan Suid-Afrika is gewoonlik ingestel om die sogenaamde Groot Vyf te sien ─ die olifant, die buffel, die renoster, die leeu en die luiperd ─ en gee nie veel aandag aan die Klein Karoo se Skaam Vyf nie ─ die vlermuisoor jakkals, die erdvark, die krimpvarkie, die miervreter en die meerkat. Die onvergeetlike Meerkat Magic ervaring sal toon hoe fassinerend die kleiner diertjies van Afrika is.

 



User Comments & Reviews: 1 Comment(s)

Page 1 of 1

CHARMAINE HOLTZHAUSEN - 2011-08-04 15:27:08

Fantastiese verhaal sal graag meer wil weet oor meerkatte en hulle gedrag

Reply to this comment

>> Back to Top





Combine Flights?












Password Reminder

Or sign in using one of the following providers: