This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Onvergeetlike reis op die Bloutrein

Suid-Afrika is bekend as ‘n land met onoortreflike wildsoorte, skouspelagtige natuurskoon en ‘n gediversifiseerde kultuur. Om dit alles te ervaar terwyl jy eet, slaap en sosiaal verkeer in ‘n vyfster hotel op wiele, is daar net een opsie ─ die Bloutrein. Hierdie uitsonderlike trein het reeds toeriste, beroemdes, presidente en selfs konings vervoer oor die wydte van Suid-Afrika en is ongetwyfeld die hoogtepunt van reisavonture wat die luuksste akkommodasie en vier-en-twintig uur persoonlike diens bied.

Die geskeduleerde roete van die Bloutrein begin by die Pretoria-stasie ongeveer 08:50 in die oggend met Kimberley as eerste stop en aankoms in Kaapstad on 12:30 die volgende dag. Met die reis van Kaapstad na Pretoria stop die trein by die Aquilla Wildreservaat vir ‘n uitstappie weg van die trein. Ongeskeduleerde reise wat op versoek onderneem word, sal passasiers van Pretoria na die Zimbali Lodge in Durban neem of van Pretoria na die Bakubung Wildreservaat.

Die beroemde Bloutrein is toegerus om te verseker dat reisigers die gladste en gemaklikste rit moontlik geniet. Ondervloerse verwarming, spesiale remme en veerstelsel, asook lugversorging in die kamerstelle en eetsalon verskaf aan gaste die ideale reisomstandighede te alle tye. Die trein ry teen negentig kilometer per uur, terwyl die lokomotiewe stilweg die agtien waens verby klein dorpies, deur betowerende woude en oor die graslande van Karoo trek, met asemrowende berghange oortrek met inheemse bome en plante aan die suidpunt van die reis.

Elke kamerstel aan boord van die Bloutrein het of ‘n stort of ‘n bad, spesiaal ontwerpte beddens met luukse beddegoed en ook nog tegniese uitrusting soos hoëtrou stelle om reisigers tuis te laat voel. Die eetsalon bied aan passasiers die beste Suid-Afrikaanse keurgeregte en sluit disse in soos, snoek, rooibok, Karoo-lamsvleis en kreef. Spesiale maaltye wat Kosher, Halaal of vegetaries is, is op versoek beskikbaar. ‘n Streng dragkode word vir die eetsalon voorgeskryf wat wissel van informeel by ontbyt, na netjies-informeel by middagete, maar by die aandete is baadjies en dasse vir mans ‘n vereiste, terwyl dames gewoonlik uithang in ontwerpersdrag.

Ander fasiliteite op die trein sluit eerstehulp personeel in vir noodgevalle; pos en faksgeriewe asook sellulêre en gewone telefoonverbindings. Die Bloutrein streef daarna om aan sy passasiers die oortreffende trap van luuksheid te verskaf en marmer vloere en goud bybehore in die afwerking lei tot die beste in spyseniering en ontspanning. Vir ‘n reis deur Suid-Afrika wat gekenmerk word deur weelde en styl, bied die Bloutrein ‘n onvergeetlike ervaring.

 



User Comments & Reviews: 17 Comment(s)

Page 1 of 4

SouthAfrica.com Team - 2011-04-04 09:12:52

I would like to know if the train departs from kimberley. we would like to travel to cape town back to kimberley
Please note that SouthAfrica.com doe not represent the Blue Train. However, you can make enquiries and reservations by contacting 012 334 8459 (Pretoria) or 021 449 2672 (Cape Town).

Reply to this comment

jackie Markram - 2011-04-04 07:43:06

I would like to know if the train departs from kimberley. we would like to travel to cape town back to kimberley

Reply to this comment

Angelique Hargreaves - 2011-02-10 09:47:44

Ek benodig asb prys vir 2 volwassenes vir 5 dae,en wil graag weet of die trein van durban vertrek ons wil na thorny bush lodge gaan.Wat sal die naaste stasie wees asb?

Reply to this comment

>> Back to Top

Click to show more comments...






Combine Flights?












Password Reminder

Or sign in using one of the following providers: