This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Opwindende ervaring op die ProNutro Zip 2000

Adrenalien-verslaafdes het ‘n nuwe rede om die sonnige Noordwes Provinsie te besoek. Die wat reeds die bungee sprong by die Bloukrantz-brug ervaar het en bewus is dat dit ‘n fasiliteit is wat in die Guinness World Records aangeteken is as die hoogste van sy soort ter wêreld kan nog nie terugsit nie, want dit was nog nie die allesoortreffende sensasie nie. Nou is daar die ProNutro Zip 2000 wat die langste glybaan ter wêreld is en nuwe betekenis gee aan die lied: “I believe I can fly .....”

Die ProNutro Zip 2000 begin op ‘n hoogte van 280 meter en ‘n deelnemer kan ‘n spoed van 140 kilometer per uur bereik op sy twee-kilometer-lange ‘reis’. Hierdie avontuur waarborg ‘n vier minute adrenalien impuls soos niks anders nie. Daar word gehoop dat die ProNutro Zip 2000 binnekort ‘n plek sal bekom in die Guinness Word Records.

Tim Dawson, die algemene bestuurder van Unreal, die maatskappy wat hierdie glybaan bedryf, sien hierdie avontuur aktiwiteit as ‘n verdere rede waarom Suid-Afrika op internasionale avonturier se lys, van lande wat besoek moet word, moet wees.

Die ProNutro Zip 2000 bly streng by al die voorgeskrewe veiligheidstandaarde. Deelnemers word in ‘n nylon harnas vasgegespe wat aan ‘n vrylopende trollie hang bo-oor ‘n staal kabel. Met die deelnemer se lyf behoorlik ingegespe, maar met sy arms en bene vry om te beweeg, kan hy die sensasie van vlieg ervaar ─ Superman-styl!

Avonturiers word vanaf die gewilde Sun City oord vervoer na die begin van die rit bo-op ‘n koppie 280 meter hoog. Ryers ervaar die versnelling soos hul voortstu met wisselende hoogtes bo die grond, soms tien meter en soms so min as 4,5 meter bo die grond. Die rem aan die einde van die rit word bewerkstellig deur die feit dat die kabel die laaste gedeelte opdraand beweeg, waarna die ryer stadig terugbeweeg na die laagste punt waar hy afklim. Die ProNutro Zip 2000 bied ook wandelritte aan vir diegene wat nie genoeg vertroue het om dit alleen aan te pak nie. Anders as baie ander avantuurervarings word kinders van die ouderdom 12 jaar toegelaat om dit mee te maak.

Avonturiers wat na iets anders uitsien, moet by die Sun City oord uitkom om van daar die onvergeetlike ervaring van die ProNutro Zip 2000 te kan meemaak.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.