This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Namakwaland Suid Afrika

Namakwaland is werklik in area van wonder. Die land lê stil vir nege maande, 'n half woestyn gebied langs Afrika se weskus, en word vinnig herskep in n see van blomme wat die aarde soos n kombers gedek na die reen. Baie toeriste is aangetrokke tot hier asemrowende ontploffing van kleur wat elke jaar in Namakwaland plaas vind. Die aanvraag na toere van die land het ook toegeneem.

Namakwaland is in twee dele verdeel deur die Oranje Rivier. In die noorde tot in Namibia, is die Groter Namakwaland en in die suide is Suid Afrika se Klein Namakwaland. Van die Atlantiese Oseaan in die weste, strek die land oos waards tot by die klein dorpie Pofadder. Die grote van die streek is gekenmerk deur afwisseling en unieke skoonheid. En natuurlik is daar die jaarlikse blom skouspel, waarvan die Namakwaland Daisies die ander blomme domineer. Tussen deur sal jy ook lelies, kruie, vetplante en verskeie wilde blomme vind. As jy die uiterste kondisies in ag neem waarin die blomme lewe, is dit die aanskouing van n wonderwerk wanneer hulle die streek met kleur en geur versier.

Die Namakwaland Daisies is nie die enigste lewende organismes wat in die Goegab Natuur Reservaat en die Skilpad Wildeblom Reservaat gevind word nie. Baie van die streek is die huis van akkedisse, skilpaaie en baie ander klein diertjies. Die Namakwaland Nasionale Park is bekend vir die beskerming van meer as 3000 plant spesies, insluitende seldsame diere. Daar is ook n groot verskeidenheid voel lewe in die park.

Daar is n paar verskillende roetes wat jy kan volg om die land van wisselende areas te ontdek. Die Old Copper Way was geskep in die 1600’s and stukke van die pad wat Simon van der Stel gereis het op soek na koper kan nog gesien word. Langs aan die pad kan jy terug kyk op geskiedenis, terwyl jy verby die ou myn nedersettings and dorpies ry. Vir diegene wat hulle sport aktiwiteite verlang, kan Namakwaland ontdek deur staptoere of berg fiets avonture deur die Kammies Berg area.

Daar is n paar wenke vir belangstellendes. Die beste tye om na die blomme te kyk is tussen 11:00 en 15:00, omrede die blomme net in direkte sonlig oop gaan. Hou gerus langs die pad stil om die ander blom spesies ook te sien. Plaaslike inwoners is baie vriendelik en sal met graagte vir jou die pad aanwys en ook inlig oor verskeie blom plekkies. Of as jy nie kans sien om Namaqualand self aan te pak nie, is daar Namakwaland Toere ook beskikbaar. Gidse sal vir jou baie informasie kan bied op die mooi streek. Om Namakwaland te toer is definitief n unieke ondervinding.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.