This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika

Talle lande oor die wêrerld erken die waarde om die jeug op te voed in die belangrikheid om die omgewing so ‘groen’ as moontlik te hou. Juis hieroor het baie lande ‘n boomplantdag een maal per jaar - ‘n dag waartydens bome geplant word en die belangrike rol wat bome in die lewensiklus speel, beklemtoon word. In Suid-Afrika word hierdie belangrike funksie versprei oor ‘n hele week.

Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika is ‘n tydperk waarin alle Suid-Afrikaners die geleentheid kry om die estetiese, maar ook die belangrikheid, van bome te kan vier. Mense uit alle vertakkinge van die samelewing word aangemoedig en duisende word opgevoed en bewus gemaak van die belangrike uiteenlopende aspekte van bosbou. Vir die doel van die Boomplantweek word bosbou in drie kategorieë verdeel.

Eerstens is daar die inheemse bosse wat aan talle wildsoorte ‘n heenkome bied, maar wat ook natuurskoon vir besoekers bied en inkomste genereer. Inheemse bosse is dikwels ook die bron van bome en struike wat vir tradisionele medisyne gebruik word en wat vir baie mense van lewensbelang is. Hierdie bosse bied ook ‘n natuurlike beskerming teen gronderosie en dra by tot ‘n volhoubare ondersteuning van die land se wildlewe. Kommersiële bosse daarenteen is heeltemal onnatuurlik en het ‘n heel ander, maar belangrike, funksie. Hierdie bosse verskaf werkgeleenthede en hout aan die nywerhede. Stedelike bosse is die bome, plante en grasperke wat in stede en dorpe dwarsdeur die land in stand gehou word. Hierdie stukkies groen te midde van beton en stene sorg vir afwisseling in ‘n lewenstyl wat andersins eentonig en leweloos kon wees. Hierdie plante dra ook by tot die vervaardiging wat suurstof wat noodsaaklik is vir normale asemhaling.

Gedurende Nasionale Boomplantweek word aan Suid-Afrikaners kennis oor bome verskaf asook die rol van elkeen in die daaglikse lewe. Die gevare verbonde aan bosbrande word ook in hierdie tyd uitgelig, terwyl die belangrikheid van bosbou en bome in die algemeen beklemtoon word. Bome word geplant en die landskap word groener. Die meeste aktiwiteite in die week word deur die Departement Waterwese en Bosbou gereël en hul borgskappe kristalliseer uit in ‘n veelheid van vorme. Die organisasie Kos en Bome vir Afrika (Food and Trees for Africa ─ FTFA) gebruik hierdie week in besonder om mense in arm gemeenskappe te leer hoe om tuine wat kos kan voorsien te vestig en in stand te hou. Die belangrikheid van hierdie week ─ wat gewoonlik die eerste week van September is ─ kan nie oorbeklemtoon word nie.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator