This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Nedersetting Toere in Suid Afrika

Georganiseerde nedersetting toere in Suid Afrika het 'n groot groei in populariteit gesien. Groot hoeveelhede internasionale toeriste maak besprekings op nedersetting toere in Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth. Meeste toere duur 'n dag en sluit 'n wye verskeidenheid nedersetting aktiwiteite in, wat besoekers 'n geleentheid gee om die unieke leefstyl en atmosfeer van nedersettings te ondervind.

Wat is 'n nedersetting? Toe die apartheid era in Suid Afrika bestaan het, wat wit en swart bewoners geskei het, was swart bewoners nie in wit woongebiede toegelaat nie en spesifieke areas was vir hulle gegee om in te woon. Hierdie gebiede het bekend gestaan as nedersettings. Al is die apartheid dae iets van die verlede, bly daar nogsteeds 'n groot aantal mense in die nedersettings. Die nedersettings het 'n kultuur van sy eie, addisoneel tot die Afrika kulture. Dit sluit die invloed van musiek, dans, klere drag en spraak in.

Suid Afrikaanse nedersetting gidse is gewoonlik lede van die gemeenskap, wat graag hulle ondervindings en omgewing met besoekers wil deel. Goed georganiseerde nedersetting toere sal besoekers die geleentheid gee om inwoners te ontmoet en self hierdie heeltemal anderse omgewing te ervaar. Al het die nedersetting toeriste mark in Port Elizabeth begin, is dit Suid-Afrika se bekendste nedersetting, Soweto, wat die meeste besoekers lok. Hierdie area is die gebied waar baie worstelings al plaasgevind het met plaaslike geskiedenis, kuns ateljees, plaaslike musiek en Shebeens. Soweto het dus 'n opregte nedersetting atmosfeer.

Voorsorg moet ten alle tye geneem word wanneer besoekers by nedersettings ingaan, want daar is misdaad. Dit word voorgestel dat jy jou waardevolle besittings by die huis of in jou hotel kamer los. Dit is baie belangrik dat toeriste of besoekers nie alleen in die nedersettings in gaan nie, en dat hulle altyd met 'n nedersetting toer groep moet gaan. Toergidse sal sorg vir die nodige vervoer en vir die voldoende nedersetting ervaring en is gewoonlik propvol interressante stories, feite en informasie en sal meeste vrae kan beantwoord.

Kom vinnig saam met ons op 'n toer van Soweto. Tesame op die toer vervoer, ry ons die nedersetting binne deur die Diepkloof Uitbreiding en gaan na 'n werker-koshuis. Hier ontmoet ons 'n verskeidenheid vriendelike mense. Daarna, ry ons na die Baragwanath, 'n deel van Soweto. Ons stop by die taxi staanplek waar ons mag uitklim en die plaaslike besienswaardigehede kan verken. Daar is 'n klompie pad smouse wat stalletjies op die sypadtjies het, wat haarkappers en buitelig slaghuise en bossiedokters insluit. Nadat ons klaar is by die taxi staanplek, gaan ons na 'n Shebeen, wat 'n tipe nedersetting kroeg is, en geniet 'n yskoue drankie. Die nedersetting vervoer ry verby die Baragwanath Hospitaal. Die gids vertel onse dat hierdie die grootste hospitaal in die suidelike halfrond is. Soos ons deur die areas gery word, word ons vertel van belangrike gebeurtenisse en mense. Die volgende plek wat ons besoek is die Hector Pietersen Museum. Dit is 'n pragtige herdenking wat fotos het van die Soweto studente oproer wat op 16 Junie 1976 plaas gevind het. Dit is n merkwaardige ervaring. Naby, is die Nelson Mandela huis museum. Middagete is n smaaklike verskeidenheid van nedersetting kosse wat Umqhusho (Samp en boontjies), Moroga (Spinasie), vleis en groente insluit. Dit is waarlik 'n onvergeetlike advontuur in die hart van Suid Afrika se mense.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.