This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Opwindende Seeskilpad-toere

Suid-Afrika is bekend vir sy groot verskeidenheid wilde diere en natuurskoon. Die reputasie is wel-verdiend aangesien daar weklik ‘n wye verskeidenheid diere en natuurtonele is om te geniet. Min mense fokus egter op die seelewe wat langs ons kuste aangetref word. Een daarvan is die seeskilpad wat sy nederige bestaan langs ons kuste voer.

Bykans elke diereliefhebber sal ‘n seeskilpadtoer in Suid-Afrika geniet. Hierdie stadige, stil en vreedsame wesens is dalk nie opwindend met die eerste oogopslag nie, maar as hulle noukeurig dopgehou word en gekyk word na die omsigtigheid waarmee hulle hul eiers lê en die versigtige wyse waarmee hulle die eiers bedek om dan weer stilweg in die water te verdwyn, dan word die ongelooflike voorreg om hul dop te hou, duidelik. Wanneer die eiers uitgebroei is en die kleintjies hul eerste dag beleef, word ‘n toeskouer beïndruk met die ongelooflike skouspel en wonder van lewe wat voor jou ontvou. Seeskilpaaie is besonder geheimsinnig en stil en die mens kry nie dikwels die kans om hierdie wonderwerk te aanskou nie. Nou word daar egter aan besoekers die geleentheid gebied om op ‘n skilpadtoer die siklus van hierdie natuurwonder te aanskou. Gidse neem besoekers na plekke waar neste is en waarborg toeriste bykans om die verskillende stadia te kan aanskou. Skilpadtoere neem toe in gewildheid by Suid-Afrikaners en buitelanders.

Daar is vyf verskillende spesies in Kwazulu-Natal, naamlik die Leatherback, die Loggerhead, die Olive Ridley, die Hawksbil en die Groen seeskilpad. Dit is egter net eergenoemde twee spesies wat hul eiers aan wal kom lê ─ dis nog meer merkwaardig as in ag geneem word dat die Leatherback die grootste seeskilpad ter wêreld is. Ten spyte van sy grootte (130 – 170cm lank) en sy massa (400kg), is hulle saggeaard en hanteer hul eiers so versigtig dat hele proses die toeskouer verstom. Hulle lê hul eiers gedurende Januarie en Februarie en dis slegs moontlik met die hulp van ‘n ervare gids dat hierdie skouspel gesien kan word. Die twee uitsaande plekke vir die seeskilpadtoere is te Bhanga-nek, naby Kosibaai, en die St Lucia Vleiland ─ ‘n Wêreld Erfenisterrein. Bespreek betyds vir hierdie opwindende ervaring.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.