This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Oyster Catcher Roete – Ervaar die natuur op sy beste

Suid-Afrika is ‘n voetslanersparadys en daar is letterlik honderde kort of lang voetslaanroetes wat deur ‘n verskeidenheid omgewings kronkel en die voetslaner in staat stel om die natuurlike fasette van die land te voet te kan ervaar. Sommige is welbekend, goed ondersteun en goed ontwikkel. Ander is minder so. Dan is daar nog die wat so asemrowend is dat hulle die titel verdien van ‘n ‘top voetslaanroete’. Die Oyster Catcher roete is in laasgenoemde kategorie.

Die bekende Getaway tydskrif gradeer hierdie roete as een van die beste vyf voetslaanroetes in die land. Die roete neem stappers langs die ongeskonde strande en kusblomoorde van Mosselbaai tot by Gouritsrivier. Benewens ongewenaarde geleenthede om die wonders van die natuur te aanskou is daar ook ‘n veelheid van aktiwiteite wat langs die roete ervaar kan word. Een daavan is walvisbesigtiging. Daar is ‘n aantal kykplekke wat die stapper die geleentheid bied om hierdie reuse seediere te kan sien in die kuswaters tydens hul jaarlikse besoek. Speelse dolfyne kan ook gesien word vanaf die roete. Wanneer die hitte te veel word, kan die stapper afkoel in skilderagtige rotspoele in die omgewing. Die poele bied ook die geleentheid vir veilige snorkel-duik ten einde die lewe onder die oppervlak van die see te besigtig. Daar is vislokvalle, antieke grotte en verlate Khoisan blyplekke om te verken. Die mengsel van duine, strande, rotskranse en kusblomme tesame met die blou lug skep tonele wat aanhou vir die volle duur van die roete, terwyl die verskeidenheid voëls, landdiere en seediere die stapper sal bekoor.

Daar is twee verskillende roetes vir die Oyster Catcher Trail. Stappers kan kies tussen ‘n vyfdag en driedag roete ─ vir beide is bespreking vooraf noodsaaklik en vereis dat ‘n ervare en kundige gids die stappers vergesel. Die roete wat die beste pas by die stapper se fiksheidsgraad moet gekies word aangesien die roete soms veeleisend is. Bagasie kan gelukkig apart vooruit gestuur word na die oornagplekke wat luukse gastehuise is. Dit vergemaklik die stap en bied meer geleentheid om te onstpan en die besondere skoonheid van die gebied te ervaar. Daar is geen vergelyk nie. Hierdie roete in onoortreflik. Onthou net die sonroom.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.