This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Patrizio Buanne besoek Suid-Afrika

Gedurende September vanjaar gaan die Italiaanse sensasie, Patrizio Buanne, Suid-Afrika besoek met sy tweede konserttoer van die land. Hy het reeds duisende volgelinge tydens sy eerste toer verkry en sy aanhangers sien angstig uit na hierdie tweede toer.

Patrizio Buanne is ‘n Oostenryks-Italiaanse bariton wat tans vinnig beroemd word op ‘n wêreldverhoog. Hy is in Wenen gebore, maar woon sy eerste ses jaar in Napels waarna hy saam met sy familie na Wenen verhuis. Sy vader was ‘n Italiaanse sjef en die jong Patrizio wou in sy voetspore volg, maar gelukkig het sy vader sy talent raakgesien en moedig hom aan om ‘n loopbaan as 'n musikant te volg. Sy musiektalent was vroeg sigbaar en op elfjarige ouderdom het hy reeds in die openbaar begin optree. Op negentienjarige ouderdom het hy opgetree voor ‘n gehoor van 85 000 mense in ‘n konsert vir Pous Johannes Paulus II. Die sukses van hierdie optrede het aanleiding gegee tot die ondertekening van sy eerste opnamekontrak. Op ouderdom 20 was hy terug in Italië en studeer in Rome waar hy onder meer ses verskillende tale bemeester het.

Buanne sy eerste album, ‘The Italian’, is in 2005 vrygestel en het uit elf opnames bestaan. Die liedere op die album was almal tradisionele Italiaanse liedjies en die album was spoedig boaan die gewildheidslere in die VK en Australië. Dit is in 2007 in die VSA vrygestel waar dit ook verbasend goed gevaar het. Buanne verduidelik sy keuse van tradisionele liedere as dit waarmee hy groot geword het - hy hou egter ook van nuwe liedere en gevolglik word nuwer werke in sy tweede album aangetref - Robbie Williams se ‘Angel’ is ‘n enkele voorbeeld. Sy tweede album is eers in Suid-Afrika vrygestel in Julie 2006 voordat dit ook gewild in ander lande geword het.

Die vraag word gevra: wat maak Patrizio Buanne se sang so uitsonderlik? Daar word soms geargumenteer dat dit die taal en besondere Italiaanse gevoel is, maar andere redeneer dat dit die passie is waarmee hy sing. Buanne self sê dat hy probeer om ‘mense aan te raak’ met sy musiek en hulle ‘na ‘n ander wêreld’ te neem. Hy sê ook dat hy vir sy vader sing wat ‘n paar jaar te vore aan kanker gesterf het. Die emosie en passie in elke lied is duidelik hoorbaar vir sy aanhangers. Kom kyk en luister gerus na Patrizio Buanne in Suid-Afrika by Carnival City in Johannesburg; His Peoples Center in Kaapstad of ook by die Vodacom NMMU Binnenshuise Sentrum in Port Elizabeth. Kaartjies is ongelukkig aan die duur kant, maar sy aanhangers redeneer dat dit die koste werd is.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.