This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Perde Uitvoer Verbot kan tot 'n einde kom

Die Suid Afrikaanse perde bedryf kan beslis glimlag, nadat daar gese is dat die verbod van perde uitvoer wat deur die Europese Unie twee jaar terug ingestel het, by die einde van die maand gelig kan word. Die verbod was ingestel nadat AHS (African Horse Sickness), wat inderdaat 'n siekte is wat uniek is aan ons kontinent, sy kop uitgesteek het. Die siekte kan baie vinnig versprei en die dood van menigde diere veroorsaak. Na die uitbraak opgemerk is, was n gekontroleerde sone opgestel wat vir die laaste twee jaar, vry was van die siekte.

Die vinnige askies en stappe wat geneem is om die verspreiding van die siekte te bekamp, kan lei tot die lig van die Europese Unie verbot. Dit sal perde eienaars en teelers weer toelaat om in oorseese perde wedrenne deel te neem. Die AHS vry sone is die enigste landstreek waarvan perde sal aanvaar word vir uitvoer. Die woordvoerder vir Racing South Africa, n kommersiele perde wedren maatskappy, het gese dat die finale rapport van die Suid Afrikaanse Veeartsenykundige Diens, binne kort aan die Europese Unie gestuur sal word. Die rapport sal die uitbreek van die siekte in 2004, voorkomings stappe en die afsluiting van die siekte weergee.

Al het die eerste poging om die verban te lig nie positiewe uitslae gehad nie, het die Vereenigde State van Amerika die invoer van Suid Afrikaanse perde toegelaat, met die vereise dat perde deur n kwarantyn tydperk gaan van 60 dae. Deur die verlies van handel, word baie perde deur Mauritius uitgevoer. Hierdie proses is baie langduurig en hewige finansiele verliesse is die afgelope twee jaar gelei. As die Europese Unie die besluit neem om die verban te lig, sal die kostes verlig word met die uitvoer van perde na Dubai.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator