This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

R62 Brandewynroete

Die R62 Brandewynroete kombineer die natuurskoon van die Suid-Afrika landskap met die land se ryk nalatenskap ten opsigte van die maak van brandwyn en bied terselfdertyd ‘n wonderlike alternatief vir die meer tradisionele toeristeroetes. Die roete gaan deur romantiese dorpe en nedersettings soos Worcester, Mantagu, Calitzdorp, Oudtshoorn, De Rust en Barrydale en bied ‘n gedenkwaardige ervaring vir die fynproewer.

Brandewyn is welbekend as ‘n internasionale drank, maar in Suid-Afrika strek die tradisie so ver terug as die aankoms van die eerste Nederlandse setlaars in die sewentiende eeu. Suid-Afrika maak brandewyn vir meer as 330 jaar. Die herkoms van die woord kom uit Nederlands en beteken gebrande wyn en verwys na die distilleerproses. Dit is nie ‘n baie bekende feit nie dat wetgewing Suid-Afrikaanse brandwyne onderwerp aan ‘n verouderingsproses van minstens drie jaar. In hierdie periode ontwikkel die drank ‘n ryk warm smaak en kleur wat dit uniek maak. Besoekers aan die distilleerders sal vertel word van die oesproses van die druiwe, die maak van die wyn en ook die verouderingsproses. Dit is dus geen wonder nie dat die sorg wat met die maak van brandewyn gevolg word dat Suid-Afrika bekend is vir van die beste brandewyne ter wêreld.

Die roete is ontwikkel deur die Suid-Afrika Brandwynstigting en volg die bekende R62 pad. Reisigers word blootgestel aan besondere natuurskoon asook die fassinerende geskiedenis van die streek se distilleer erfenis. Pragtige bergpasse asook vrugbare valleie, ou plaaswonings en die ryk smaak van goeie brandwyn dra by tot die genot van die reisiger. Langs die roete word gestop by Montagu die poort na die Klein Karoo en ook die historiese verbinding met Oudtshoorn, die Oos-Kaap en die Tuinroete asook Kaapstad. Die kort roete gaan reisigers insae gee in van die beroemdste wynkelders van die Wes-Kaap en ook blootstel aan metodes vir die maak van brandewyn. Geen brandewynliefhebber kan hiedie ervaring misloop nie.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.