This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Reis deur die Caracal Ekoroete

Vanaf die Groenrivier in die suide tot by Skilpad in die noordooste is die nuwe Caracal Ekoroete 4x4 roete wat nou voorheen ontoeganklike gebiede in die Namakwa Nasionale Park in Noord-Kaap open. Die eerste avonturiërs het die roete in Julie 2009 beproef en spoedig gaan die wêreld weet van hieride nuwe roete wat baie het om aan te bied.

Die roete sluit van Namakwaland se mees asemrowende natuurtonele in soos vistas van die Kamiesberg, die majestieuse binnelandse sandduine en ongeveer 50 kilometer van die Weskus se kuslandskap. Ander hoogteopunte is die handgemaakte Wildeperdehoek-pas, grotte en vleilandskappe met ‘n verskeidenheid voëllewe, asook die reusagtige granietrotse en die uitsonderlike kokerbome wat deur die San-mense gebruik is vir kokers vir hul pyle. Afhangende van die seisoen kan besoekers ook nog ‘n kaleidoskopiese vertoning van blomme ervaar. Die kus is ook bekend vir walvisse naby die strande. Skole dolfyne is ‘n algemene gesig langs die Weskus en hul speelse aktiwiteite verskaf groot vermaak aan besoekers. Ander boksoorte wat langs die roete gesien kan word, is gemsbokke, springbokke en hartebeeste in die platter gebiede terwyl in die meer bergagtige gebiede die aardwolf, bobbejane en selfs die enkele luiperd gevind kan word.

Uit die oogpunt van die 4x4 drywer bied die Caracal Ekoroete ‘n relatief maklike weg met sanderige streke teen die kus en die bergagtige dele wat wel ‘n uitdaging bied. Die hele roete word nie meer as ‘n graad 3 gegradeer nie. Gedurende die reënseisoen (Junie tot Augustus) versleg toestande nogal met sterk rivierlope en strome wat nie oorgesteek kan word nie. Indien u daardie tyd vir ‘n besoek beplan, is dit gewens om vooraf inligting oor padtoestande te bekom en dit word ook aangeraai dat minstens twee voertuie ten alle tye saamreis.

Die Caracal Ekoroete neem enigiets van vier tot sewe uur om te voltooi, maar dit is gewens om vroeg in die oggend te begin en om die hele dag daaraan af te staan om die asemrownde gesigte van die Namakwalandstreek te kan ervaar.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.