This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap

Natuurliefhebbers onderweg na die Noord-Kaap Provinsie sal na alle waarskynlikheid aangetrokke voel tot die Richtersveld. Hierdie bergagtige woestynlandskap is anders as wat die meeste mense nog ooit gesien het ─ sommige beskryf dit selfs as ‘n Marslandskap. Dit is ‘n plek met kransagtige steil berge wat skerp styg van plat, sanderige vlaktes en waar die woestynlandskap in skrille kontras is met die loewergroen plantegroei aan die oewers van die Oranje-rivier. Dit alles kom saam in die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap.

Die Richtersveld Kulturele en Botaniese landskap is werklik ‘n plek van kontraste. Met die eerste oogopslag lyk dit asof niks hier kan leef nie, maar by nadere kennisname word ‘n verskeidenheid soogdiere, voëls en reptiele gevind wat in hierdie ongewone wildernis leef. Hoogte bo seespieël verander van 1377m tot ‘n skamele 60m by sekere punte in die reservaat. Hierdie ongewone landskap is spesiaal vir verskeie redes ─ die meeste moet self deur die besoeker ontdek word.

Om ‘n paar te noem. Die Richtersveld is die enigste verklaarde Woestynagtige Biodiverse area ter wêreld. Dit bevat ook ‘n groot aantal endemiese plant, voël en diere spesies. Een voorbeeld van ‘n ongewone endemiese plant is die ‘halfmensboom’ (Pachypodium namaquanum Welw.). Hierdie naam is as gevolg van die feit dat die boom lyk na ‘n halfmens en ‘n halfplant. Die besondere groepering van blare aan die plant se top gee dit die voorkoms van ‘n menslike kop. Hierbenewens is daar ‘n indrukwekkende getal van 650 opgetekende plant spesies in die gebied wat dit een van die grootste versamelings vetplante ter wêreld maak. Hierdie plantrykdom is voedsel vir ‘n verskeidenheid diere soos die reebok, die steenbok, die koedoe, duiker, bergsebra, bobbejane, ape en ook luiperds. ‘n Ander unieke verskynsel is die plaaslike Nama mense wat voortgaan om te leef volgens die semi-nomadiese tradisies van hul voorsate. Hulle kultuur strek eeue terug, maar bied terselfdertyd ‘n goeie voorbeeld van hoe die mens in harmonie met die natuur kan leef sonder om dit te vernietig. Van die fassinerende aspekte van die Namas is die wyse waarop hulle hul tradisionele wonings bou met fyngeweefde matte van riete. Die gebied is die eiendom van die Namas wat in samewerking met die SA Nasionale Parke die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap bestuur. Die kulturele en natuurlike rykdom van die gebied het gelei tot die proklamering daarvan as ‘n Wêrelderfenisterrein in 2007.

Daar is ‘n paar vereistes wat nagekom moet word alvorens die gebied verken kan word. Die terrein is ongelooflik ru en ‘n 4x4 voertuig is ‘n vereiste. Tweedens is die gebied bekend vir sy aanhoudende droogtetoestande en hitte ─ temperature styg tot 50 grade Celsius in die middag en reën kom omtrent nooit voor nie. Dit is dalk wenslik om leiding by ‘n toergids of reisagentskap te verkry aangesien hulle hul uiterste sal doen om die reis so aangenaam moontlik te maak en die besoeker aan die maksimum kulturele en natuurlike ervarings bloot te stel.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.