This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Robert Hunter se Tour-de-France oorwinning

Die Suid-Afrikaanse fietsryer, Robert Hunter, het ‘n belangrike oorwinning vir die Barloworld-span en vir Suid-Afrika behaal toe hy die 11de skof in die Tour-de-France fietswedren gewen het. Voor hierdie uitstaande oorwinning het hy 4de in die 1ste skof; 5de in die 2de skof; 2de in die 4de skof; en 8ste in die 6de skof gekom. Dit was ‘n opwindende oorwinning toe Robert Hunter vir Murilo Fischer en Fabian Cancellara in die pylvak gewen het.

Die 11de skof van die Tour-de-France strek oor 182 km tussen Marseille en Montpellier. Hunter was opgewonde oor sy oorwinning en het van trots gestraal. Toestande op die dag van die 11de skof was reg vir taktiese jaag en sommige het teruggeval terwyl andere geveg het om voor te bly. Robert Hunter se skofoorwinning in die Tour-de-France is ‘n eerste vir Afrika en hy kan sekerlik staatmaak op die ondersteuning van talle angstige ondersteuners tuis vir die volgende skofte.

Robert Hunter is op 22 April 1977 gebore. Hy begin fietsry op ouderdom 11 en op ouderdom 13 begin hy kompeterend meeding. Hy het sy resieslisensie op die ouderdom 14 ontvang. In 1992 word hy gediagnoseer met ruggraatontsteking en Scheuermann se siekte en moes vir ‘n volle jaar rus. Na sy hoërskool loopbaan het Hunter besluit om ‘n beroepsfietsryer te word. Hy het in restourante gewerk om sy fietsry finansieel te steun. Tussen fooitjies en prysgeld het hy die mas opgekom. In 1995 het hy slegs op fietsresies gefokus en is hy deur die Canola-span geborg. Ook in daardie jaar het hy aan die Hansom-toer deelgeneem. In 1997 is hy deur ‘n vriend, Tony Harding, geborg saam met wie hy vir drie maande in België gejaag het.

Teen 1997, met die tussenkoms van Brent Copeland, het Hunter ‘n kontrak van die Velo-klub in Italië gekry. Dit was nie maklik om ‘n fietsryloopbaan in ‘n vreemde land te volg nie, maar dit het hom in staat gestel om op ‘n heel nuwe vlak te kon meeding. Die byeenkomste was langer, vinniger en moeiliker. Gedurende hierdie periode het hy ook goeie insette van ander professionele jaers ontvang. Teen die einde van 1998 het hy as gasdeelnemer vir Mapei deelgeneem. ‘n Week later het hy sy professionele kontrak gesluit.

Dit was hoe Robert Hunter die professionele arena betree het en wat uiteindelik gelei het tot sy deelname aan die 2007 Tour-de-France. Suid-Afrikaners en ander ondersteuners gaan sy loopbaan met belangstelling volg.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator