This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Sheikh Yusuf Kramat

Faure is 'n voorstad van Kaapstad en is die tuiste van een van die uitstaande historiese plekke van die Moslem geloof. Die Sheik Yusuf Kramat is is religieuse heiligdom en 'n bestemming van talle Moslem pelgrims. Besoekers is welkom by die Sheik Yusuf Kramat wat die finale rusplek is van die legendariese Sheik Yusuf, 'n ikoon en edelman van weleer. Hy het 'n rewolusionêre weerstand gebied teen die invallende Hollandse leër in Macassar en dit het tot sy gevangeneming en verbanning na die Kaap van Goeie Hoop in 1693 gelei.

Hoewel goewerneur Simon van der Stel Sheik Yusuf hartlik aan die Kaap op 17 Junie 1693 verwelkom het, was dit nie die blyplek van sy keuse nie. Hy was bekend vir sy rewolusionêre teenkanting teen die Nederlanders en het beroemd geword vanweë sy vele ontsnappingspogings en daarom is besluit om hom by die Kaap aan te hou. Sheik Yusuf en sy aangangers het die plaas Zandvliet ontvang en daar het hy 'n heenkome verskaf aan vlugteling slawe. Hy het die boodskap van die Islam godsdiens verkondig en word gesien as een van die vestigers van hierdie geloof in Suid-Afrika. Dit word ook vertel dat die Sheik en sy familie die eerste lesers van die Koran op Suid-Afrikaanse gebied was.

'n Kramat is 'n heilige plak van die Islam en edelmanne is tradisioneel in 'n kramat begrawe. Regoor die Kaapse Skiereiland is daar na benadering twintig kramatte waarvan die een van Sheik Yusuf die belangrikste is. Hy is op 73 jarige ouderdom oorlede op 23 Mei 1699 en weggelê in ‘n kramat in die vorm van ‘n moskee.

Geleë op ‘n klein heuweltjie bokant Faure, bevat die kramat 'n bed bedek met kleurvolle kwilte waaronder Sheik Yusuf begrawe is. Hoewel sommige historici beweer dat sy oorskot na Oos-Indië geneem is, aanvaar die meerderheid dat hy rustig begrawe is in die kramat in Kaapstad en dus hul pelgrimstogte na die plek voortsit om hul respek te betoon.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.