This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Skep jou eie Tuin van Eden met behulp van Gardinex 2008

Suid-Afrika se klimaat is by uitstek geskik vir buite leef. Baie van die sonsoekers in Suid-Afrika is gevolglik toegewyde tuinmakers wat baie moeite sal doen om hul buitenshuise areas te omskep in ‘n klein paradysie. Dis dus geen wonder dat Gardinex beskou word as die voorste tuin en buitelewe tentoonstelling in Suid-Afrika nie.

Die uitstalling word gehou in die Coca-Cola Koepel in Northriding, Gauteng en Gardinex 2008 bied aan internasionale en plaaslike uitstallers die geleentheid om elke moontlike produk en diens rakende tuinmaak en landskapontwerp aan duisende entoesiaste, wat van oral uit die land kom, bekend te stel.

Ongeveer 100 uitstallers gaan deelneem aan Gardinex 2008 en besoekers kan kontak maak met landskapspesialiste, kwekerye asook talle innoverende en uiteenlopende wateruitstallings, buitelug meubels, saad- en bolkwekers, blommerangskikkings en bloemistes, tuindienste vir binne- en buitenshuis, omgewingsvriendelike energiebronne, pottebakkers, troeteldier bykomstighede, komposhouers, tuinskure, tuinboeke en –tydskrifte, Bonsaikwekers, tuingereedskap en implemente wat in elke behoefte sal voorsien, en vele meer. ‘n Braaiarea is ‘n moet vir elke huishouding en dus word interessante braai-idees ook uitgestal.

Besoekers aan Gardinex 2008 kan kers opsteek by spesialiste gedurende die “Blooming Ideas Theater” wat regdeur die driedag gebeurtenis sal duur. Onderwerpe sluit in Troeteldier-vriendelike tuine, Bloemiste Werkswinkels, tuinbeplanning deur die tydskrif The Gardiner asook die ontwikkel van gesondheid en genesing deur middel van kos deur Margaret Roberts. Boekbekendstellings vind op verskillende tye plaas tydens Gardinex 2008 en sluit in “Bird Spotting”, “Gardening with Succulents” en “Small Gardens”.

Die erkende tuinspesialis, Keith Kirsten, sal ook by Gardinex 2008 teenwoordig wees en hy borg ‘n toer vir die gelukkige wenner van die geleentheid van ‘n leeftyd, naamlik na die Chelsea Blommeskou in Londen in Mei 2008. Hierdie toer sluit ook besoeke aan ‘n aantal van die VK se mees eksotiese tuine in ─ moet dus nie Keith Kirsten se stalletjie misloop nie.

Om die kleingoed besig te hou, bied Cadbury’s ‘n sjokolade fantasietuin aan en die tuinbeer, Mulbry, sal toesig hou oor plantwerkswinkels vir kinders. Liefdadigheidsorganisasies wat daar teenwoordig sal wees, sluit in CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa), en die Johannesburg Kinderwelvaart Vereniging. Besoekers word ook aangemoedig om hierdie organisasies te steun veral omdat hulle daarop fokus om die lewe van elke kind in hul sorg ‘n bietjie makliker te maak.

Dus, of jy ‘n besoeker aan Suid-Afrika is en of jy ‘n buitelug-Suid-Afrikaner is, besoek beslis die Gardinex 2008.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.