This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Sluit aan by die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek

Voëlkykers in Suid-Afrika gaan die geleentheid kry om hul stokperdjie ten volle te geniet tydens die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek. Hierdie gewilde gebeurtenis word deur Sasol geborg en sal plaasvind van af 2 tot 4 November 2007 by die Marakele Nasionale Park in Limpopo.

Die Vrydagaand van die Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek sal deelnemers kan luister na ‘n gasspreker, Ian Michlery van Africa Geographic. ‘n Dag vol van aktiwiteite word beplan en sal insluit die aanbring van ringetjies asook die sogenaamde “Birding by tractors”. Saterdagaand is opsygesit vir ‘n gesellige vleisbraai en vir die meedeel van ervarings. Sondagoggend begin met ‘n groot ontbyt en daarna ‘n prysuitdeling deur BirdLife South Africa en Sasol.

Die Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek het in November 2002 begin en fondse wat ingesamel is is gebruik vir die ontwikkeling van verskeie projekte in die park asook vir die Horingbekvoël-projek. Die projek is begin met die steun van die Bedreigde Wildlewe Trust 1999 by die Mabula Wildtuin. Die doel van die projek is primêr vir die bewaring van die Horingbekvoël wat as kwesbaar beskou is en op uitwissing afstuur. ‘n Praktiese benadering is gevolg wat die soek neste ingesluit het asook die versamel en hand-grootmaak van kuikentjies vir latere vrylating in bestaande swerms te Mabula en later die herinduksering van die voëls in hul oorspronklike habitat waar hulle reeds vir vyftig jaar nie meer bestaan het nie.

Die Marakele Voëlkyk Wegbreek van 2005 was ‘n uitstaande sukses. Vyf en twintig spanne bestaande uit twee of meer mense het hul lyste ingehandig wat die totaal van aangetekende voëls vir die naweek op 274 te staan gebring het. Hiervan was vyf nuwe voël spesies wat tot die Marakele Nasionale Park se databasis toegevoeg is. Dit is die Afrika Grasuil, die klipwagter, die bosbontrokkie, witgatspreeu en die geel kanarie.

Afgesien van die kans om die pragdiere in Suid-Afrika se nasionale parke te kan sien, besoek voëlkykers die parke vir die uiteenlopende voëllewe wat daar aangetref word. Ere-parkwagters reël sulke besigtingingsnaweke met die doel om data in te samel oor die spesies in ‘n spesifieke gebied, maar ook om die publiek op te voed oor die wonders van voëlkyk en ook om geleenthede te skep vir beginners om te verkeer met veterane. Geldinsameling vir projekte is soms ten doel, maar heel dikwels is sulke byeenkomste sommer net vir die genot daarvan.

As u dus nie ‘n ervare voëlkyker is nie, bestaan die uitdaging om Suid-Afrika se parke te verken juis om hierdie stokperdjie te ontwikkel. Die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek is ‘n goeie begin.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.