This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Stamlewe by die Bakone Malapa Museum

Ongeveer nege kilometer buite Polekwane, die hoofstad van die Limpopo provinsie, is die Bakone Malapa museum waar besoekers die geleentheid kry om terug te beweeg in die verlede en die Bakone stat te verken soos dit ongeveer 250 jaar gelede daar uitgesien het. Hierdie opelug museum bied besoekers die geleentheid om ‘n kykie te kry in die agtergrond en geskiedenis van die Bakone-stam, ‘n subgroep van die Noord-Sotho stam.

Die letterlike vertaling van Bakone Malapa is die “Bakone opstal” en die nedersetting is geleë op die werklike perseel van die antieke dorpie. Dit is lewensgetrou heropgebou in die tradisionele Noord-Sotho styl. Ten einde die reis na die verlede meer betekenisvol te maak, is die geleentheid geskep vir besoekers om interaktief met die lede van die Bakone stam te verkeer, terwyl hulle met hul daaglikse aktiwiteite voortgaan. Vertonings van tradisionele vuurmaak metodes, die maal van mielies en die brou van tradisionele bier vind dwarsdeur die dag plaas. Die Bakones is bedrewe in die maak van handwerk artikels en besoekers kan toekyk terwyl hulle met pottebakkery besig is; houtsneewerk doen; kralewerk tradisioneel vervaardig; tradisionele klere maak; weef met gras; tromme maak; jagterswapens vervaardig asook mandjies maak. ‘n Handwerkwinkel bied items teen billike pryse aan en dit is geskikte geskenke vir vriende tuis.

Begeleide toere vind op vasgestelde tye plaas en die gidse is bedrewe storievertellers. Hul voordragte is baie informatief rakende aspekte soos die antieke kultuur en geskiedenis van die Bakone en hul voordrag is onderhoudend. Twee lapas in die museum bevat uitstallings wat die lang en interessante geskiedenis van die Bakone in besonderhede uitbeeld.

Argeologiese opgrawings wat in die omgewing van die museum uitgevoer is asook nabygeleë rotskuns het navorsers tot die besef gebring dat die gebied vroeër deur San-mense bewoon is en dat die Bakone-mense eers later daar gevestig is.

Aanvullend tot die Bakone Malapa museum is daar ook nog ander interessante plekke om te besoek rondom Polekwane . Daar is die Polekwane wildreservaat, die Chuene krokodilplaas, die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp, die Eersteling monumente, Makapaansgat-grotte, die Modjadji reënwoud, die Moletzie voëlpark, ‘n Voortrekker monument en die Hugh Exton Fotografiemuseum waarin die vroeë leefstyl van Polekwane (vroeër Pietersburg) uitgebeeld word.

Suid-Afrika is ‘n uitsoek toeristebestemming met talle interessante plekke om te verken. Die Bakone Malapa museum is een daarvan waar ‘n kykie gekry kan word in die kultuur en geskiedenis van sommige van die groepe van deel uitmaak van die gediversifiseerde bevolking van die land.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.