This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Suid-Afrika se Wêreldbeker Oorwinning

Die uitroep van ‘n nasie kon gehoor word as weerklink dwarsoor die land toe die eindfluitjie geblaas is vir die finaal van die Rugby Wêreldbeker in Parys, Frankryk op 20 Oktober 2007. Dwarsdeur Suid-Afrika was die strate, huise, tavernes en kroeë verswelg deur ‘n golf van groen en goud; lofprysinge, trots en uitbundigheid oor Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland, die verdedigende kampioene, was oorweldigend. Die geleentheid was egter nie slegs ‘n asemrowende oomblik in die geskiedenis van wêreldrugby nie, maar ‘n hartgrondige emosionele oomblik vir elke Suid-Afrikaner en Springbokondersteuner.

Die platform was voorberei in die Stade de France vir die grootste en gedenkwaardigste rugbybotsing van ons tyd. Net soos die Webb Ellis Trofee stil langs die veld gestaan het, so het die skare hul asem opgehou toe die twee spanne die veld betree het in afwagting van die toets van vernuf, krag en vasberadenheid wat op die punt was om voor hul oë te ontvou. Die Engelse span het bestaan uit Phil Vickery (as kaptein), Jason Robinson, Mathew Tait, Paul Sackey, Mark Regan, Mike Catt, Simon Shaw, Jonny Wilkinson, Andrew Sheridan, Mark Cueto, Lewis Moody, Andy Gomarsall, Martin Corry, Nick Easter en Ben Kav. As plaasvervangers het die Engelse Toby Flood, Matt Stevens, Joe Worsley, Danny Hipkiss, George Chuter, Peter Richards en Lawrence Dallaglio gehad. Kaptein John Smit het die Sprinbokspan gelei wat bestaan het uit Jacques Fourie, Os du Randt, Bakkies Botha, Bryan Habana, CJ van der Linde, Juan Smith, Danie Roussouw, Butch James, JP Pietersen, Francois Steyn, Schalk Burger, Percy Montgomery en Victor Matfield. As plaasvervangers was daar Johannes Muller, Bismarck de Plessis, Andre Pretorius, Wickus van Heerden, Jannie du Plessis, Wynand Olivier en Ruan Pienaar.

Na die twee lande se volksliedere gesing is, het die fluitjie tagtig minute van senutergende rugby ‘n aanvang laat neem met ondersteuners op die voorpunt van hul stoele by die veld of voor hul TV’s. Rustyd het Suid-Afrika nege drie voorgeloop danksy die skopskoen van Percy Montgomery. In die tweede helfte het die Engelse deur die Springbokke se verdediging gebreek tot by die doellyn, waar dit bepaal is dat Mark Cueto uit was voordat hy die bal kon plaas en die drie was dus nie toegeken nie. Francois Steyn het sy skopskoen by die van Montgomery gevoeg vir ‘n verdere drie punte. Wilkinson se suksesvolle skop pale toe is deur nog ‘n Suid-Afrikaanse strafskop deur Montgomery geneutraliseer en met ‘n puntetelling van 15-6 word die Springbokke die nuwe wêreldkampioene.

Hierdie oorwinning was simbolies in vele opsigte. Vir een dag het die hele land soos een saamgestaan. Verskille soos ras, godsdiens en ekonomiese status was vergete. Soos die groen en goud gehys is in voorstede, informele nedersettings en in die stede en op plase het die daaglikse probleme verdwerg in sang en dans en feestelikhede toe elke Suid-Afrikaner ‘n wêreldkampioen geword het!

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.