This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Suid-Afrikaanse Rots Kuns

Toe die Hollanders eers op die Suid-Afrikaanse kus geland het, het hulle verkillende inheemse groepe mense gevind wat in klein stamme oor die land gebly het. Hierdie mense was vredeliewende, kort en geharde mense met n onuitputbare kennis van die natuur. In plaas daarvan om met vee te boer, het hierdie groepies verkies om n swerwers-jagter leefstyl te geniet. Hulle het van die land af gelewe en het verkies om in harmonie met die natuur te wees, eerder as om dit te probeer domineer of te kompliseer. Die Hollanders het hulle “Bushmen” genoem, omrede hulle die unieke bekwaamtheid gehad het om slegs van die verskeie kosse te lewe wat die soms ru Afrika bos voorsien. Egter is hierdie groep mense vandag bekend as die San mense. Terwyl meeste van hulle binneland toe gedwing is in die 19de eeu, het hulle n ongelooflike erfenis van Suid Afrikaanse rots kuns agter gelaat. Die Suid-Afrikaanse rots kuns het al hordes kuns liefhebbers, geskiedenis liefhebbers en toeriste na die verre hoeke van die land gelok, om die rots kuns te besigtig.

Suid-Afrika het een van die rykste rots kuns erfenisse in die wereld. Die kuns sluit skilderye en ingrafeerings in en is wyd verspreid oor die suidelike gedeelte van die kontinent. Somige van die kuns dateer so ver terug soos 25 000 jaar, met die mees onlangse kuns ongeveer 200 jaar oud is. Die meerderheid van die rots ingrafeering is in die plato gebiede van die land waar die buitenste laag van die rotse verwyder is om die ingrafeerings te onwerp. Die rots kuns is baie meer uitgebrei en word in natuurlike rots beskermde beskuttings gevind. Hulle is waarskynlik met fingers geverf, of met dier haar borsels, fere en stokke. Pigment was verkry van n verskeidenheid items. Gele en rooie is gekry van klonte in die grond wat geoksideerde yster bevat, terwyl swart deur geoksideerde mangaan verkry is, wat van gebrande bene af kom. Fyn klei poeier was gebruik vir die kleur wit, en dit word gedink dat hulle gemenge eier albumen, bloed , uriene of plant sap gebruik het om die pigment te help vassit aan die rots. Die kunstenaars kon ook gebruik gemaak het van natuurlike rots vorms in hulle skilderye en kon ook later by hulle ouer werk bygelas het.

Die rots kuns was gereeld geverf terwyl die kunstenaar in n beswyming was, en daarvoor is baie van die figure heel eienaardig. Die kuns weerspieel gereeld danse of hutte en die tyd wat die kuns geneem het. Elke prent vertel n storie en jy kan maklik die omstandighede vir jouself verbeel, wat plaasgevind het om die storie te skep. Klippe wat verskillende kleure geverf is, word dikwels gevind, maar hierdie klippe het met hulle begrafnisse te doen. As jy n groot verskeidenheid van die wonderlike rots kuns wil besigtig, is daar heelwat museums wat in hierdie werk spesialiseer. Die Kamberg Rots Kuns Sentrum in Kwazulu Natal is die mees onlangse sentrum wat oop is vir publieke besoek. As ju dalk kans sien vir die wildernis, kan van die grootste rots kuns plekke op voet bereik word. Die Drakenberge en Vrystaat is die areas wat as die beste rots kuns plekke gesien word.

Vir diegene wat belangstel in die besoek van rots kuns in Suid Afrika, moet tog onthou dat die kuns uiters delikaat is, en dat alle rots kuns lokasies deur die wet beskerm word teen enige skade of vandalisme. Dit sluit in die nat maak of aanraking van die rots kuns. Dit is ook goed om te onthou dat baie van hierdie plekke op privaat gronde is, en dat toestemming eers van die land eienaar gevra moet word. Dit is ook aanbeveel om n gids saam te vat, omrede hulle kosbare informasie het oor die rots kuns. Land eienaars en gidse is heel vriendelik, en gee nie om, om n paar vrae to beantwoord nie.

Must Read? 0% 0% 0 Votes
Bookmark: myaol yahoo google

Recent Comments

No comment yet.

Add your own Comments

You need to be logged to comment this page.

Please Register if you don't have an account.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator