This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Sun City

As jy opsoek is na die beslissende vakansie oord in Suid-Afrika, dan is dit nie nodig om verder te kyk as die welbekende Sun City nie. Hierdie asemrowende vakansie bestemming het 'n weie verskeidenheid aktiwiteite, wat versigtig gekies is om gaste die grootste en mees opwindende ondervindings te bied. As jy net een plek in Suid Afrika wil besoek, sal Sun City die mees genotvolle keuse wees.

Hierdie massiewe oord is in die hart van die Afrika bosveld geleë, waarvan dit sy unieke atmosfeer en inspirasie trek. Dit word gesê dat die stad pulseer op 'n Afrika ritme en dat sodra jy arriveer, jy onmiddelik in 'n Afrika fantasie meegesleur sal word. Akkommodasie neem die vorm van vier wêreld klas hotelle wat deel van die stad is. Die bekendste hotel, is die “Palace of the Lost City”, wat waarlik asemrowend is. Bo en behalwe dat die hotel 'n boukundige kunswerk is, is die “Palace” omring deur pragtige reën woude en offer bo-baas diens aan sy gaste. Ander akkommodasie wat gevind kan word is by die Cascades, die Sun City Hotel en die Cabanas.

Ledige tyd aktiwiteite is die belangrikste by hierdie luukse oord. Golf geesdriftiges sal baie van die Lost City Country Club hou, wat in 1992 gebou is. Hierdie unieke baansyfer-72 baan, was beplan om die pragtige natuurskoon van Suid-Afrika se landskap nader aan die golf speler te bring. Geprys as een van Gary Player se gunsteling golf bane, het die baan verskeie, meer ongewone struikelblokke soos 38 krokodille wat die water op die 13de puitjie oppas. Al kan jy nie jou bal ooit weer terug kry van die water af nie, het hierdie aggresief lykende jagters nog nooit iemand beseer of afgeskrik nie. Die jonger geslag kan hulle ouers na-aap en van die Avontuur golf geriewe gebruik maak, of probeer karretjies jaag, kegelbal aanpak of speeletjies in die video arkade speel. Kleiner kinders kan in die bekwaamde hande van die Kamp Kwena personeel gelos word, terwyl die volwassenes weg glip dobbelsaal toe, of n vinninge vertoning wil kyk.

As die weer goed is, sal die "Valley of the Waves", ook ure se genot verskaf. Dit is die sentrale punt van die oord en is 'n 18 hektaar area wat gevul is met swembaddens, glyplanke, avontuur ritte en baie meer, alles onder die professionele oê van die lewensredders. Daar was al baie konserte, funksies en bykomstighede hier gehou, en dit is die naaste wat jy aan die oseaan sal kan kom, sonder rommelstrooiing, haaie of visse. Spring in n buis en geniet jou rit af by die "Lazy River", of gil vir al wat jy werd is, op die "Temple of Courage". Die brander swembad is 'n goeie plek om jou branderplank vernuf te toets, terwyl die "Adventure Mountain", ure se vermaak sal wees vir die kleintjies. Ander aanloklikhede is die Botaniese Tuine, Die Brug van Tyd, die Apie Spring Plaza, die “Observatory Bar” en die “Royal Baths”.

Natuurlik sal geen reis na Afrika kompleet wees sonder om een van die nasionale parke te besoek nie. Die pragtige Pilanesberg Nasionale Park is reg langsaan die oord gelee. Dit huisves die volledige Groot 5, en is heeltemal malaria vry. Dit is ook oop vir alle Sun City besoekers. Sun City is 'n onvergeetlike avontuur vir albei ouers en hul kinders, en dit roof elke besoeker se verbeelding en akkommodeer elke gas se wense. Maak dus seker dat jy nie hierdie skouspelagtige oord misloop op jou volgende vakansie in Suid Afrika nie!

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.