Algemeen
Die Artscape operateater in Kaapstad gaan die gasheer wees vir die loodsing van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie wat vir 14 tot 19 Januarie 2008 beplan word. Die kompetisie is deur die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Balletteater, mnr Dirk Badenhorst geïnisieer met die doel om internasionale blootstelling vir plaaslike en buitelandse dansers te bewerkstellig en ook om regisseurs van plaaslike en buitelandse geselskappe aan nuwe talent bloot te stel.
Buite en Bedrywig
Die St Petersburg Ballet geselskap sal hulle Suid Afrikaanse toer op die
16de Maart 2006 begin, met die klassieke en welbekende produksie van Swan
Lake. Die geselskap is 55 lede sterk met n soliste en n volledige “corps de
ballet”, wat in die hele vertoning rol speel. St Petersburg Ballet
geselskap se choreografie, was uiteen gele deur die beroemde choreograaf Lev
Ivanov end Marius Petipa, wat roem en prys, oor die hele wereld, gekry het
vir hulle werk. Die kostuums en pragtige agtergronde, was van St Petersburg
af saamgebring, en die musiek vir die Swan Lake produksie, sal verskaf word
deur die Cape Philharmonic Orchestra, gelei deur Alexander Kantorov.