This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie

Die Artscape operateater in Kaapstad gaan die gasheer wees vir die loodsing van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie wat vir 14 tot 19 Januarie 2008 beplan word. Die kompetisie is deur die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Balletteater, mnr Dirk Badenhorst geïnisieer met die doel om internasionale blootstelling vir plaaslike en buitelandse dansers te bewerkstellig en ook om regisseurs van plaaslike en buitelandse geselskappe aan nuwe talent bloot te stel.

Algemeen

Arts Alive – September is dié maand

Suid-Afrikaners sien altyd uit na September as die einde van die winter en die begin van lente. Vir liefhebbers van alle kunsvorme - dans, musiek, beeldende kunste, die teater, film, digkuns, komedie en so meer - is September altyd ‘n besondere opwindende tyd. Die jaarlikse 'Arts Alive' fees in Johannesburg bied dwarsdeur September iets vir elkeen en lok besoekers van ver.

Buite en Bedrywig

FNB Dans Sambreel Fees

Die FNB Dans Sambreel Fees is ‘n jaarlikse byeenkoms, wat al elke jaar vanaf 1989, in Suid-Afika aangebied word. Dit sal vir die jaar 2007 tussen 17 Februarie en 17 Maart gehou word. Hierdie opwindende maand lange fees is ‘n fantastiese skouspel van Suid-Afrikaanse eietydse danse en unieke choreografie. Hierdie platform word aan die gemeenskap en jeug groepe aangebied. Dit is nie net die talentvolle Suid-Afrikaanse optredes wat die kollig vang nie, maar ook die buitelandse dans geselskappe wat die verhoog deel. Die belangrikste doelwitte vir die Dans Sambreel se Forum, is om ‘n spasie te maak vir nuwe werke en die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kontemporêre dans.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator