Algemeen
Suid-Afrika se erdvark (Orycteropus afer) is ‘n ongewone spesie, bekend vir sy grawe van tonnels en dieet van termiete. Die naam erdvark (Eng. Aardvark dus earth pig) het sy naam ontleen aan die ou vorm van Afrikaans (erd = aard). Sy voorkoms wat ietwat aan ‘n vark herinner is egter misleidend want dit is nie familie van die vark nie, trouens, die erdvark behoort aan sy eie familie Orycteropodae van die genus Tubulidentata. Vervolgens meer oor hierdie dier van Afrika.
Algemeen
Met 'n gedruis onder jou terwyl jy stadig deur die bos beweeg, weet jy dat
die gedreun nie van 'n enjin af kom die, maar jou binneste wat gedraai word
deur n lewende dier, n olifant. Daar is nie n beter manier om die Afrika
dierelewe te besigtig nie, as van die rug van n olifant af nie. Die olifant
rug safaris in Suid Afrika is beslis n onvergeetbare ondervinding wat jou
siel sal aanraak. Suid Afrika se olifant safaris is die perfekte manier om
na aan die dierelewe te kom, met n saggeaarde reus as jou metgesel. Olifant
rug safari’s in Suid Afrika is beskikbaar by verskeie plekke in Suid Afrika
en is definitief die onkoste werd.