Die Elfde Internasionale Afrika Digkuns Fees
Na die grootskaalse sukses van die vorige tien Afrika Digkuns feeste is dit bykans ‘n voldonge feit dat die fees wat geskeduleer is tussen 1 en 6 Oktober 2007 selfs beter gaan vaar as wat verwag word. Die fees vind in Durban plaas en is een van die bes ondersteunde kunsfeeste in Suid-Afrika.











