Algemeen
Die skilderagtige dorpie, Darling, by die Weskus is slegs 55 minute reistyd vanaf Kaapstad en is bekend vir sy asemrowende vertoning van veldblomme, uitstaande wynkelders, en ‘n hegte gemeenskap wat ook die kern vorm van die jaarlikse Voorkamerfest. Hierdie gebeurtenis vind vanjaar van 5 tot 7 September plaas.
Algemeen
Die Centre for Creative Arts (Sentrum vir Skeppende Kuns) is in 1996 gestig deur die Departement van Ontwikkeling en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hul hoofoogmerk was om geleenthede te skep vir kunstenaars en kreatiewe verwantskappe tussen verskillende kunsvorme te skep met die klem op veral musiek, digkuns, filmmaak en skilderkuns. Seminare, konserte opleidingsprogramme en werkswinkels word deur die Sentrum aangebied ten einde ‘n bewustheid te kweek vir kuns en dit te bevorder by die volwasse publiek en die jeug. Die Sentrum reël vier groot feeste elke jaar ─ een daarvan is die Time of Writer Festival.
Algemeen
Aangespoor deur die klinkende sukses van die eerste Global Breakthrough fees wat in 2007 in Kaapstad gehou is, het die DJ’s en die partytjiegangers hulself oorreed om die geleentheid te herhaal, met een verskil: dit gaan selfs groter en beter wees as die eerste een. Vanaf 27 Februarie tot 2 Maart 2008 gaan Global Breakthrough saamspan met Miller Genuine Draft vir vyf dae van partytjie-hou by een van Kaapstad se uitsoek plekke.
Algemeen
Een van die hoogtepunte in psigedeliese klankgebeurtenisse in Suid-Afrika is die sogenaamde Origin Festival naby Kaapstad. Dis ‘n fees wat jaarliks duisende ondersteuners asook van die bekendste plaaslike en internasionale kunstenaars en musikante lok. Die organiseerders van die Origin Festival 2008 het reeds die teenwoordigheid van ‘n indrukwekkende groep kunstenaars bekom en het ook nog vanjaar die pragtige en rustige plek bekom wat ruimte en natuurskoon gaan toevoeg tot die musiek.
Algemeen
Die My Coke Fest 2007 was ‘n musiekfees met legendariese musikante en ‘n reuse sukses. Duisende gillende ondersteuners het die stadions gevul om orkeste soos The Parlotones, Taxi Violence, The Sprinbok Nude Girls, Evolver, 3 Doors Down en Hoobastank aan te hoor. Vanjaar is die lys vir My Coke Fest 2008 net so indrukwekkend as die vorige jaar en ondersteuners is reeds besig om hul kaartjies aan te skaf om nie hul gunsteling orkeste en kunstenaars mis te loop nie.
Algemeen
Die eerste fees van die Homoseksuele Vereniging is in Kaapstad in 1994 gehou en het daarvandaan gegroei tot ‘n jaarlikse instelling. Binne die Konstitusie van die RSA word duidelik bepaal dat daar geen diskriminasie op grond van ras, godsdiens of seksuele voorkeure gemaak mag word nie. Aangesien Kaapstad gereken word as die stad met die grootste getal homoseksueles, is die keuse om die fees daar aan te bied voor die hand liggend.
Buite en Bedrywig
Na die grootskaalse sukses van die vorige tien Afrika Digkuns feeste is dit bykans ‘n voldonge feit dat die fees wat geskeduleer is tussen 1 en 6 Oktober 2007 selfs beter gaan vaar as wat verwag word. Die fees vind in Durban plaas en is een van die bes ondersteunde kunsfeeste in Suid-Afrika.
Algemeen
Die Splashy Fen Fees is ‘n jaarlikse buitelug musikale fees wat op die Splashy Fen plaas, wat in die Suid-Afrikaanse Drakensberge gebied geleë is, plaasvind. Hierdie opwindende fees bied met trots die mees bekendste musiek kunstenaars in die land aan. Daar is ook ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die hele familie kan geniet. Die 2007 Splashy Fen Fees sal vanaf 5 April tot 9 April gehou word, en is ‘n byeenkoms wat jy nie wil misloop nie.