Algemeen
Dit maak nie saak of jy ‘n whisky fynproewer is, of dit by geleentheid gebruik nie, of nog nooit die voorreg gehad om die kunsvorm van hierdie gewilde drank te ervaar nie, die FNB Whisky Live Festival is vir elkeen van hierdie kategorieë bedoel. Dis die vyfde keer dat die fees aangebied word en vind beide in Kaapstad en Johannesburg plaas en spog met uitsoek whiskies vanuit Suid-Afrika en van die res van die wêreld.
Buite en Bedrywig
Die FNB Dans Sambreel Fees is ‘n jaarlikse byeenkoms, wat al elke jaar vanaf 1989, in Suid-Afika aangebied word. Dit sal vir die jaar 2007 tussen 17 Februarie en 17 Maart gehou word. Hierdie opwindende maand lange fees is ‘n fantastiese skouspel van Suid-Afrikaanse eietydse danse en unieke choreografie. Hierdie platform word aan die gemeenskap en jeug groepe aangebied. Dit is nie net die talentvolle Suid-Afrikaanse optredes wat die kollig vang nie, maar ook die buitelandse dans geselskappe wat die verhoog deel. Die belangrikste doelwitte vir die Dans Sambreel se Forum, is om ‘n spasie te maak vir nuwe werke en die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kontemporêre dans.