Algemeen
Tussen die uitgestrekte wingerde van die Kaap lê ‘n area genaamd Groenkloof. Dit huisves een van die mees sprokiesagtige dorpe in Suid-Afrika, naamlik Darling, waar dit nie ongewoon is om nog ‘n perdekar in die strate te sien nie of mense wat die rustige dorp se manjifieke landskap inasem nie. Darling is ‘n dorpie wat vrede en vriendelikheid tussen die verskillende plaaslike gemeenskappe uitstraal en tog lewe dit met aktiwiteite.
Algemeen
Die Wes-Kaap streek bied aan toeriste gebiede met asemrowende natuurskoon, wêreldklas akkommodasie en ‘n reeks ander aantreklikhede en vermaak om in elke smaak te val. ‘n Toenemende getal toeriste wil egter by die bestaande toeriste aantreklikhede verbybeweeg en wil insae kry in die daaglikse lewe van die plaaslike mense wat natuurlik ook insluit die uitdagings wat plaaslike gemeenskappe in die gesig staar, hoe hulle te werk gaan om die uitdagings die hoof te bied en wat hul toekomsideale is. Die Kaapse ‘Omgee-roete’ (Cape Care Route) maak dit vir toeriste moontlik en bied selfs meer.