Algemeen
Kaapstad is ‘n stad met bykans ontelbare toeriste aantreklikhede en kan die besoeker vermaak op velerlei wyses en terselfdertyd ‘n blik gee in die geskiedenis en kultuur van hierdie gediversifiseerde land. Een so ‘n plek is die Gold of Africa Museum in die Martin Melck-huis, ‘n stylvolle gerestoureerde historiese landmerk in Strandstraat. Die Martin Melck-huis is in 1783 gebou en word beskou as een van die beste oorblywende voorbeelde van plaaslik ontwikkelde argitektuur in die 18de eeu.
Algemeen
Al was dit bekend dat Arabierse handelaars vir goud onderhandel het by
die binnelandse Afrika stamme, so vroeg as die 7de eeu, was dit eintelik in
ongeveer 1886, dat Suid Afrika n reputasie begin kry het vir hierdie
besonderse mineraal. Dit was in dieselfde jaar, dat George Harrison die
Hoof Klipbank op die Witwatersrand ontdek het, ongeveer 33 jaar nadat die
baie kleiner Pelgrimsrus naat begin het om gemyn te word. Vandag bly Suid
Afrika op die voorfront van die globale onderneming, al het sy posisie as
goud verskaffer oor die jare afgeneem.