Algemeen
Die Artscape operateater in Kaapstad gaan die gasheer wees vir die loodsing van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie wat vir 14 tot 19 Januarie 2008 beplan word. Die kompetisie is deur die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Balletteater, mnr Dirk Badenhorst geïnisieer met die doel om internasionale blootstelling vir plaaslike en buitelandse dansers te bewerkstellig en ook om regisseurs van plaaslike en buitelandse geselskappe aan nuwe talent bloot te stel.
Algemeen
Die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 wat reeds verlede jaar sy tiende verjaarsdag gedenk het, is reeds ‘n hoogtepunt in die sosiale kalender van duisende Kapenaars en het ook reeds ‘n groot aanhang uit die res van Suid-Afrika opgebou. Hierdie gewilde gebeurtenis duur van 3 tot 23 September 2007 en het reeds ‘n reputasie opgebou vir die topgehalte komediante wat vanuit alle dele van die samelewing getrek word. Vanjaar is ook geen uitsondering nie en gehore kan uitsien na ‘n aantal uitmuntende vertonings deur plaaslike en internasionale komediante wat elkeen spog met sy eie tipiese humor.