This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Ontdek die skilderagtige skoonheid van Darling

Tussen die uitgestrekte wingerde van die Kaap lê ‘n area genaamd Groenkloof. Dit huisves een van die mees sprokiesagtige dorpe in Suid-Afrika, naamlik Darling, waar dit nie ongewoon is om nog ‘n perdekar in die strate te sien nie of mense wat die rustige dorp se manjifieke landskap inasem nie. Darling is ‘n dorpie wat vrede en vriendelikheid tussen die verskillende plaaslike gemeenskappe uitstraal en tog lewe dit met aktiwiteite.

Nuuswaardig

Bekendstelling van die Kaapse Odyssey Resies

Velddraf groei wêreldwyd in gewildheid en het ook ‘n groeiende aanhang in Suid-Afrika. In die Wes-Kaap word naweek veld- en paddraf byeenkomste entoesiasties ondersteun. Draf is ‘n sport gegrond op uithouvermoë en is maklik toeganklik vir alle Suid-Afrikaners ongeag hul ekonomiese omstandighede. Al wat atlete benodig is ‘n goeie paar hardloopskoene, deursettingsvermoë en voldoende tyd om te oefen. Met hierdie vereistes as gegewe word die Kaapse Odyssey Resies (Cape Odyssey Race) in Oktober 2007 geloods. Met die oogmerk om aan atlete ‘n byeenkoms te bied wat vergelykbaar is met enige op die internasionale toneel.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator